The Story Station
Want ek het jou nodig... - Nelmari Kock
Want ek het jou nodig... - Nelmari Kock
Couldn't load pickup availability
'n Pragverhaal, met 'n diep godsdienstige agtergrond—wat nie veel hedendaagse skrywers die vrymoedigheid of voortuiging het om hulle pen aan te waag nie.
Luzaan Keuhler is musiekonderwyseres op die klein Karoo-dorpie Heuwelsig. Haar woonstelmaat is Elsabé Boshoff, 'n verpleegsuster by die plaaslike hospitaal. Ryno Hatting, 'n kollega van Luzaan, aan dieselfde skool verbonde, is ook 'n baie goeie vriend en gereelde kuiergas by Luzaan en Elsabé.
Die plaaslike gemeente het kort tevore 'n nuwe, jong leraar in die persoon van dominee Charl Malherbe ontvang, met wie Luzaan uit die aard van die saak dikwels in voeling is, aangesien sy orreliste is en ook op alle ander terreine van gemeentelike bedrywighede haar hart en siel uitleef.
Ten spyte van hulle noue voeling met mekaar, het elkeen van hierdie vier jongmense reeds 'n eie afgeleide paadjie geloop voordat hulle hier op Heuwelsig by mekaar uitgekom het.
Sewe jaar tevore was Luzaan se lewe intiem verbonde aan dié van die bekende en so gewilde sanger, Ian Rheeder. Hiervan was selfs Elsabé nie eers bewus nie.
Maar ook Luzaan, wie se godsdiens en Christenskap hoofsaak in haar lewe is, kon weer op haar beurt nie weet waarom Elsabé so totaal afsydig teenoor die godsdiens staan nie.
En Ryno... Luzaan alleen het geweet van die groot teleurstelling wat ook reeds oor sy lewenspad gekom het!
Ds. Charl Malherbe en Luzaan Keuhler se paadjies loop nou reeds 'n ruk lank in gelyke bane saam, maar tog is die jong leraar bewus van 'n subtiele terughouding en 'n skans waaragter die orreliste haar ware gevoelens verberg.
In haar stryd teen die verlede, het Luzaan begin dink dat sy vrede met haarself had en 'n nuwe toekoms tegemoet kan gaan, toe Ian Rheeder, meer imponerend en aantrekliker as tevore, weer op haar pad verskyn.
Ds. Charl is verlae toe hy tot die ontdekking kom dat dit juis hierdie dief van vroueharte is wat vierkantig op die pad tussen Luzaan se verlede en haar toekoms staan!
Want ek het jou Nodig... het 'n boodskap wat nie misgekyk kan word nie!
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
18.5cm; W: 12.7cm; H: 2cm
Weight
Weight
0.3 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share
