The Story Station
Vos - Anna M. Louw (First edition)
Vos - Anna M. Louw (First edition)
Couldn't load pickup availability
Vos is leier van die kerkraad op ’n dorp in die Noordweste wat reeds jare lank deur droogte geteister word. Biduur na biduur vir reën blyk tevergeefs te wees; Vos daag God uit: as U niks gaan doen nie, dwing U my om self iets te doen. Dis waar Vos begin onderhandel met die Boesman Hans Bokpoot wat homself as reënmaker uitgee. In daardie somer van 1932 word Vos geïnisieer, en sluit hy met Hans Bokpoot se bemiddeling ’n kontrak met die duiwel. En Vos kry reën, sy plaas die enigste in die ongenadige landstreek wat reën kry. Voorspoed volg, maar dinge begin skeefloop onder die invloed van die duister magte wat Vos ontketen het. Totdat Dominee Kossies ingryp.
’n Gestroopte Vos, meer as ooit bewus van “die meslem waarop jy moet balanseer om God se uitgestrekte hand by te kom”, gaan uiteindelik op ’n sendingtog om ’n geestelike boodskap te bring. Eers met sy muilkar en later te voet swerf hy van plaas tot plaas deur die Hantamwêreld en die Rôeveld. Maar is Vos heeltemal vry van die Bose? Of het sy jare lange duiwelsaanbidding ’n stempel op hom gelaat?
Anna M. Louw het soos by haar ander ernstige romans ook vir Vos oerbeelde as tema gekies: hier is dit die oertipiese Faust wat in die veeboer Vos verpersoonlik word. Die gevierde skrywer van romans soos Kroniek van Perdepoort keer ook in Vos terug na die miljeu van haar grootwordwêreld: die uitgestrekte bosveld en blou heuwels van die Hantam, uiteindelik met die stygende plato’s op na die drie hoogtelae van die Rôeveld. In hierdie diep menslike roman oor die mens se uitgelewerdheid aan die kwade, dikwels met katastrofale gevolg, beeld Anna M. Louw een mens se tragiese reis van obsessie na eenvoud uit.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 22cm; W: 14.1cm; H: 1.7cm
Weight
Weight
0.42 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share
