The Story Station
Twee vroue - Elsa Joubert (First edition)
Twee vroue - Elsa Joubert (First edition)
Couldn't load pickup availability
Die lotgevalle van ’n vrou wat tot die uiterste beproef word, is reeds ontgin in drie meesterwerke deur Elsa Joubert: Poppie Nongena, Ons wag op die kaptein en Die Wahlerbrug. Die meevoerende novelles in Twee vroue sluit op boeiende wyse hierby aan.
In Pampas reis Elvira vroeg in die vorige eeu na Argentinië, waar sy in aanraking kom met vreemde mense en ’n vreemde landskap. Die ruimte van die vlakte wat haar alkante omring, die roerende glinstering van die skuinsgewaaide gras, vul haar oë, haar kop, haar hande, haar lyf … In afsondering, haar eensameheid versterk deur ’n liefdelose huwelik, word sy gekonfronteer met die grense in haarself, kom sy te staan voor die beperkinge van haar menslikheid en worstel sy met die onherroeplikheid van haar keuse.
In Klooster vertrek Helena saam met drie mans op ’n soektog na ’n verlore manuskrip. Maar tussen die bonkige mure van ’n massiewe vesting en teen die hange van ’n berg wat uitstyg bó die wye woestynlandskap, onderneem sy haar eie ontdekkingstog: ’n fisieke en spirituele reis, gevoer tot ’n evokatiewe hoogtepunt.
In Twee vroue word uiteenlopende verhale gekontrasteer. Maar dit is ook die verhaal van elke vrou oral, en uiteindelik ’n kroniek van die mens in konflik met die natuur.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21.3cm; W: 14cm; H: 1.1cm
Weight
Weight
0.29 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share
