The Story Station
Tussen stasies - Irma Joubert
Tussen stasies - Irma Joubert
Couldn't load pickup availability
'n Treinreis, dink Jakób, is soos die lewe self. 'n Mens is die hele tyd op pad iewers heen. Jy klim by jou bestemming af, vertoef korter of langer, klim altyd weer by 'n stasie op na 'n volgende bestemming. Maar die trein hou aan loop, of 'n mens afgeklim het of nie. En selfs as jy nooit weer op die trein klim nie, stoom die trein onstuitbaar voort. Behalwe as iemand 'n treinbrug opblaas. Aspris. Per ongeluk.
Hy moes 'n besluit neem, vir haar beswil. 'n Besluit wat aan Jakób Kowalski bly vreet. Nà die treinrit van Pole af bly Gretl op die stukkende trappe van 'n stukkende kerk in Duitsland agter – klein, uitgeteer, met net die dokumente dat sy suiwer Aries is, haar pa 'n gevalle SS-soldaat. En haar groot geheim. As een van die Duitse wesies kom sy Suid-Afrika toe, word sy 'n Christen-Afrikaner-meisie. Gekoester. Gelukkig. Maar mettertyd word die realiteit meer reёel, word dit al moeiliker om te ontsnap na haar sprokiewêreld. En haar drome word erger – die vuur wat sy nie kan blus nie, nie verstaan nie, waarvan sy nie kan wegkom nie. Soos van haar geheim. Net Jakób, ver in Pole, sal verstaan. Mag daarvan weet. Kan miskien help heelmaak.
Tussen stasies is 'n verhaal van die mens se onmag teen die noodlot wat dreig om sy geluk te verwoes. Maar dis ook 'n verhaal van die mag van sy gees om bo dit uit te styg en te oorwin.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 19.8cm; W: 12.9cm; H: 3.8cm
Weight
Weight
0.5 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share
