Teen winter en ontnugtering - I.L. de Villiers
Teen winter en ontnugtering - I.L. de Villiers
I.L. de Villiers het geen bekendstelling nodig nie: dié Godsman en digter met die sienersblik en aardse sin vir humor het deur sy boeke, asook sy radio- en TV-optredes, reeds huisbesoek gedoen by die duisende wat behoefte het aan ’n bevrydende woord.
Sy boodskap is een van blydskap en liefde, nie van vrees nie; hy distansieer hom van die vreugdeloosheid waarmee aanbidding dikwels gepaard gaan. Die ware godsdiens is liefdesdiens, en liefde maak die hart lig.
Vir Izak de Villiers kan die goddellike uit die mees alledaagse gebeurtenis straal. Elke "siel" is vir hom ’n Baie Belangrike Persoon voor God, en hy stel dit met nadruk: "Dis nie die groot name wat tel nie, maar die Naam van God. Dis nie soseer groot dade nie, maar doodgewone Christelike liefde."
Sy verwysingsveld is so ruim soos die lewe self - van Calvyn tot Jesus Christ Superstar; selfs by Uilspieël steek hy lig op. Uit die geskiedenis en uit vandag se nuusberigte haal hy spontaan godsdienstige insigte. President Carter met sy "clean country look", Andrew Young met sy oogklappe van eensydige idealisme, die sjah van Iran se vreeslose aanblik van die dood - dit is die soort figure wat hy voorbehou om oor geestelike waardes te besin. Hy laat selfs vir Job in Kaapstad bankrot speel en ly, sodat ’n mens besef: die waarheid is oud, die waarheid is nuut.
Teen winter en ontnugtering is ’n boek wat die leser tot nadenke prikkel en inspireer. Te midde van al die rampspoed en sinisme, die beklemmende gevoel van magteloosheid en lewensvoosheid wat die moderne mens pak, bring dit nuwe perspektief en oplugting van die gemoed; bowenal die versekering dat "in al hierdie dinge tog sin is..."
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 22.4cm; W: 14cm; H: 1cm
Weight
Weight
0.24 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share
This is a previously loved book - there is no escaping the fact it has been read by someone else and it will show some signs of wear and previous use. Overall we expect it to be in very good condition, but if you are not entirely satisfied please get in touch with us.
View full details