Skip to product information
1 of 8

The Story Station

Suidpunt-jazz - André Letoit (First edition)

Suidpunt-jazz - André Letoit (First edition)

Regular price R 89.00 ZAR
Regular price Sale price R 89.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Suidpunt-jazz – die alternatiewe Groot Trek-roman.

Reg, mense. Julle weet wat oor die Groot Trek in die geskiedenisboeke staan. Julle’t gehoor van die twee gedenktrekke. Julle’t selfs die feeswaens op TV gesien.

Ná al dié gedoe: lees nou die boek – die Ware Verhaal deur Een Wat Self Daar Was. Piet Retief, alias Libido alias – wel, alias die sogenaamde punk-skrywer André Letoit.

En dis nie al nie, liewe leser. In jou hand hou jy boonop die Groot Afrikaanse Roman. ’n Spul literêre jazz wat ons Suidpunt tot in sy fondamente kan skud. Terwyl jy dit lees, word dit deur Letoit geskryf (á la die post-modernistiese idioom, hoe dan anders?) en gebeur daar as’t ware voor jou oë die vreemdste dinge. Alles natuurlik in die speelse, satiriese teken van die metaroman en demitologisering en ontluistering van al wat roer.

Maar hoe ook al, jy gaan kennis maak met Timo Bezuidenhout en sy tydmasjien, met die engel Peanuts, met Piet Retief en kie, en ’n verbysterende stoet ander onwaarskynlike karakters en taferele soos net Letoit hulle kan byeenbring.

As jy al ooit gewonder het wat ’n ossewa gemeen het met ’n Casspir, of hoe só min Boere só baie impies kon bedinges, hoe ’n Ware Afrikaner daar uitsien en wat van al Adriaan Nieuwoudt se kubuskoeverte geword het, of, les bes, wie Eugène Terre’Blanche in sy vorige lewe was – dan is Suidpunt-jazz die roman vir jou.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 21.3cm; W: 15.3cm; H: 1.2cm

Weight

0.27 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details