The Story Station
Son op die land: Sketse en vertellinge
Son op die land: Sketse en vertellinge
Couldn't load pickup availability
Stories en vertellinge deur:
-
George Louw
-
Etienne Leroux
-
P.J. Philander
-
Alba Bouwer
-
Chris Barnard
-
H.J. Vermaas
-
Berta Smit
-
Audrey Blignault
-
F.A. Venter
-
Karel Schoeman
-
Elsa Joubert
-
C.G.S. de Villiers
-
Ernst van Heerden
In die vorm van sketse en vertellings gee dertien van ons vooraanstaande skrywers hul indrukke van verskillende streke van ons land. Dit is beslis ’n ryk geskakeerde beeld wat hier gebied word. Want Suid-Afrika is ’n land met baie aangesigte. Daar is die Transvaalse Laeveld met sy malse plantgroei en subtropiese klimaat; Noordwes-Kaapland met sy kaal vlaktes, sy wind, stof en hitte; die Overberg met sy klowe pers heide; die Suidwes-Vrystaat met sy verlatenheid en hardheid; die Sandveld met sy lappe graan en vaalbruin sand. Suid-Afrika se stede: Johannesburg, met sy wolkekrabbers en sy kosmopolitiese samelewing; Kaapstad met sy dol suidoostewind en die sout ruik van die see; Bloemfontein wat selfs vandag nog iets van die rustigheid van die ou boere-dae behou het. En elke streek, elke stad het sy eie mense, gevorm deur die landskap en die atmosfeer waarin hulle leef. Jy kan hulle aan hul manier van praat uitken, aan die manier waarop hulle die lewe aanvaar...
Maar Son op die Land is ook méér as net ’n soort intieme, eielandse reisbeskrywing. Hier word ’n mens jou bewus van die dinamiese gang van die geskiedenis. Jy word jou bewus van ’n rustige plattelandse beskawing wat aan die verbygaan is om plek te maak vir ’n nuwe bedeling. Die mense in die Overberg praat nie meer van ’n uur-en-’n-half te perd nie, maar van nege myl of veertien kilometer. Waar daar in die Transvaalse Middelveld eers net wye plase was, word daar vandag rykdom uit die aarde ontgin om nuwe lewe aan die mynbou, die industrie en die handel te gee.
En tog het die oue nie vir goed verlore gegaan nie. Die spore daarvan is nog te vind in die soort mense wat ons is – en in die letterkunde wat ons skep. Daarvan is Son op die Land ’n baie duidelike bewys.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
21.7cm; W: 14cm; H: 1.4cm
Weight
Weight
0.3 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share







