Skip to product information
1 of 7

The Story Station

Somer - C.M. van den Heever

Somer - C.M. van den Heever

Regular price R 79.00 ZAR
Regular price Sale price R 79.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Daar is notas voor en agter in die boek, en in die teks self is daar hier en daar woorde of sinne met potlood onderstreep.

Somer
is C. M. van den Heever se bekendste werk en ’n novelle wat meer herdrukke belewe het as enige ander werk van hierdie aard en omvang in Afrikaans. Hierdie boek, wat ook in ander tale vertaal is, is ’n idille waarin die koms en verdwyning van die somer, in die ewige sirkelgang van die seisoene, uitgebeeld word. Ons kry die somer in al sy verskillende fases: die rypwording van die koring, die styging van die son se hitte in die hoogsomer wanneer die vrugte van die land ryp word en swaar arbeid van die boere geverg word.

Die mens, as worstelaar om te bly bestaan temidde van die natuur se grille en onsekerhede, verskyn as ’n stippeltjie wat teen die velde se oneindigheid afgeteken staan, klein, nietig en verganklik, maar met die wil om te lewe in hom, moedig en goed, ten spyte van teëslae en beproewings.

Die beste word ingesamel en net die kaal stoppellande bly oor om te wag vir ’n nuwe somer — die kringloop van die natuur gaan voort in die tye.

Saam met die verhaal van hierdie natuurgroei en verbygaande weelde van die somer is die lotgevalle van mense verweef wat vir ’n oomblik gryp na geluk en dan weemoedig moet erken dat die lewe se diepste sin in afskeid lê.

Seisoene en mense kom en gaan, die seisoene groots en onwetend, die mens bewus van die verganklikheid en van die beperktheid van sy of haar lewe in die magtige wenteling. In Somer het C. M. van den Heever se kunstenaarskap ten opsigte van natuurbeelding waarskynlik sy suiwerste uitdrukking gevind.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 19.4cm; W: 14cm; H: 1.4cm

Weight

0.24 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details