The Story Station
Pille vir servette - Jan Spies (Vertellings 4; First edition)
Pille vir servette - Jan Spies (Vertellings 4; First edition)
Couldn't load pickup availability
Jan Spies het as storieverteller reeds legendaries geword. Daar is min in Afrikaans wat ’n storie kan laat vonk soos hy: elke situasie skerp en vermaaklik, en meestal knaend snaaks.
In Pille vir servette is Spies op sy stukke. Hier maak hy ’n klomp karakters sit en staan wat die leser nie lig sal vergeet nie. Koddig, beminlik, vindingryk.
Ou Orrelkosie kan – as jy ’n halwe dag het om te luister – vir jou presies beduie hoe ’n mens ’n pil oor ’n siek hoender se tong kry. ’n Kalahari-boer maak weer vir jou duidelik hoe mens in die sandwêreld met ’n lastige smous se gal werk, en ’n oompies verdedig in die hof sy ontoelaatbare plan om twee kar-donkies onder ’n lae spoorwegbruggie deur te loods. Dan is daar nog die ontsaglike kêrel met die groot pens wat hom dood hou op die slagveld om die Engelse te flous.
Liegstories, lagstories, pittige koffiestories, kierang- en kameelstories.
Stories soos net Jan Spies hulle kan vertel.
Vir dié wat nog nie met sy vorige bundels vertellings, Profeet met kondensmelk, Poort deur die koue en Pilatus tot molshoop, kennis gemaak het nie, wag daar ná Pille vir servette nog verdere leesgenot.
Want van Jan Spies kry ’n mens nie gou genoeg nie. Hy laat die onopgesmukte, beeldende taal van ou Boere-ooms leef in stories wat ruik na blou pypdampe, en wat voel na plaasstoep en ’n wêreld wat oopmaak rante toe.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
21.8cm; W: 14.4cm; H: 1.2cm
Weight
Weight
0.25 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share







