The Story Station
Philida - André P. Brink (First edition)
Philida - André P. Brink (First edition)
Couldn't load pickup availability
Jy praat nie teen nie. Jy vra nie uit nie. Jy doen. Philida dit, Philida dat. Maar in jou agterkop dink jy: Eendag is eendag, dan wil ek self kan sê: dit en dat doen ek, dit en dat doen ek níé.
Dis 1832 en in die Caab loop die gerugte reeds dat dit nie meer lank is voor die slawe vrygestel word nie. Dit verg nogtans groot moed vir die jong slavin Philida om by die Slawebeskermer op Stellenbosch ’n klag teen haar baas te gaan lê. Cornelis Brink, op wie se plaas sy grootgeword het, wil haar verkoop nadat sy vier kinders by sy seun, Frans Brink, gehad het. “Hy wil my losmaak van my skaduwee af,” dink sy.
“Maar dit sal ek waaragtig nie toelaat nie… ’n Mens se skaduwee, dis soos Ouma Nella al baie gesê het, hy’s soos jou storie, hy kom ook heelpad saam, dag en nag.”
Cornelis Brink laat hom nie deur ’n slavin van stryk bring nie en in 1833 verkoop hy Philida en haar kinders op ’n vandisie op Worcester. Alhoewel die Britse regering kort daarna die slawe vrystel, is Philida reeds vir vier jaar by haar nuwe eienaar, Meester de la Bat, ingeboek.
Die vernedering van baie jare het Philida egter ’n sterk vrou gemaak en op ’n dag eien sy vir haarself vryheid toe, besluit sy self: dit en dat doen ek, dit en dat doen ek níé. En saam met die Moslem-slaaf Labyn trek sy deur die barre Karoo na die afgeleë Gariep.
Philida is ’n meesleurende en aangrypende slaweroman met die temas van baasskap en vryheid wat ook in ons tyd resoneer.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
12.7cm; W: 15.8cm; H: 3cm
Weight
Weight
0.42 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share







