Skip to product information
1 of 8

The Story Station

Orion - Deon Meyer (First edition)

Orion - Deon Meyer (First edition)

Regular price R 149.00 ZAR
Regular price Sale price R 149.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

HULLE KOM HAAL VIR OUDPOLISIEMAN

Zatopek van Heerden uit die selle, gisteraand se drink en baklei nog bitter in sy mond. Nou moet hy die asse van ’n dooie ondersoek wegblaas op soek na ’n kooltjie wat nog gloei: ’n Middelklasmeubelhandelaar is in sy voorstedelike middelklashuis met ’n blaasvlam gemartel en toe met ’n M16 doodgeskiet. Een skoot; agterkant van die kop. Laksmanstyl.

Hy het sewe dae om dié moord op te los en ’n testament te vind, vir ’n vroueprokureur wat met sy kop neuk. Asof hy dit nodig het – sy kop is deurmekaar genoeg, dankie.

En dié ding is boonop tien maande oud, die spore vaag, die enigste leidraad ’n stukkie papier waarmee hulle te lank gelede dollars toegedraai het. Miskien báie dollars.

En wanneer alles skielik ontvlam, is daar snaakse gediertes wat uit die vuurlig probeer skarrel: Militêre Intelligensie, die CIA, Moord en Roof, georganiseerde misdaad op die Kaapse Vlakte. Hoe dieper hy delf, hoe meer lae hy van dié ding afkrap, hoe meer smeer hulle toe.

Tot die jagter die prooi word en daar meer is wat hom jaag as net sy eie, stink verlede.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

22.3cm; W: 15.3cm; H: 1.7cm

Weight

0.48 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details