Skip to product information
1 of 9

The Story Station

Op die rug van die tier - Anna M. Louw (First edition)

Op die rug van die tier - Anna M. Louw (First edition)

Regular price R 149.00 ZAR
Regular price Sale price R 149.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Op die rug van die tier is die geestelike reis deur ons eietydse samelewing van ’n volkome gewone man. Hoewel dié tema skrywers deur die eeue geboei het, gee Anna M. Louw ’n eie, onvervangbare stempel aan die reis van háár pelgrim — die dapper stryder in die put met sy onteen­seg­like goeie verstand, sy liefde vir lees en studeer en sy sug na wonderwerke én sondes.

Wynand Vercuyl, gedwarsboom deur ’n onaansienlike uiterlike en ’n ontoereikende persoonlikheid, word deur sy werkgewer, mnr. Wessels, eienaar van Eureka-Uitgewers, in die pad gesteek. In ’n mate is dit seën, want nou kry Wynand die kans om oor sy eie bisarre lewensomstandighede te besin.

Hy dink terug aan ’n brok lewe wat verby is en onthou die vele struikelblokke wat sy gang vertraag of telkens sy goeie bedoelings in die wiele probeer ry het: sy owerspelige vrou, sy psigopatiese seun, sy voëlvrye land, sy ongeredde siel, die kleurvraagstuk... Maar veral is dit sy skedelgenote, daardie personifikasies van die gees, wat hom verwar, op dwaalweë bring en aan allerlei dwase versoekings onderwerp: Grapjas, die swart sinikus wat hom van alle erns beroof; Jongeling, die een wat hom aanpor om jonk te bly; Vrek, wat gierig op die aandelemark spekuleer; en Vywer, wat met wellustige oë die jong meisies betrag. Agie is die sensasie­jagter; Slimmerd, Wynand se persoonlike liefling; en Verbeelder die een met wie hy verdrae sluit – die waaghals, die stunt-man, die tydwandelaar, die een wat Wynand op onbetrede paaie van die gees lei.

Dié struikelblokke ten spyt, volhard Wynand in die stryd. Maar net soms, wanneer die las te swaar word, voel hy hom niks meer nie as God se nar.

Op die rug van die tier is in die eerste plaas ’n bewegilke verhaal – outentiek en geloofwaardig vertel. Wynand se gewoon-alledaagse doenighede, die parafernalia waarmee sy lewensweg besaai is, word met soveel insig, humor en begrypende deernis gebeeld dat die leser gemaklik met hom kan identifiseer. Die lewenswysheid en mensekennis waarmee hy diegene om hom betrag, en waarmee die skryfster by geleentheid die leser lei om Wynand te betrag, vorm ’n aangrypende eienskap van hierdie werk.

Wynand se lewe is die gewone mens se daaglikse, vreemde, dikwels vreesaanjaende stryd om bestaan. Tog bly hy, verwikkelde en indringende soeker na die sin van die lewe, toonbeeld van die unieke skepsel wat elke mens op slot van sake is.

Op die rug van die tier is in sekere sin ’n antwoord op Kroniek van Perdepoort. Waar die bose in Perdepoort die heerskappy voer, eindig hierdie roman met die oortuiging dat God steeds engele op ons pad stuur, al neem hulle in ons koddige tyd soms koddige gestaltes aan.

- George Louw

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 21.8cm; W: 14cm; H: 2.1cm

Weight

0.45 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details