Skip to product information
1 of 9

The Story Station

Noodkreet uit Zaïre - Jef van Staden (First edition)

Noodkreet uit Zaïre - Jef van Staden (First edition)

Regular price R 49.00 ZAR
Regular price Sale price R 49.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

’n Boodskapper word te voet van Zaïre gestuur om Anton de Beer die “wit toordokter” in Suid-Afrika te kom haal om ’n hoofman wat deur sy broer bedreig word te help.

Maar die boodskapper word doodgemaak net voordat hy Anton de Beer se huis bereik. Toe Anton die lyk naby sy huis ontdek en ’n krokodil-totem aan hom vind, weet hy dat sy vriend in Zaïre hom nodig het . . . waarvoor weet hy nie. Maar hy weet dat dit dringend is . . . die vermoorde boodskapper is getuienis daarvan. Saam met sy handlanger Nevermind, vertrek hulle na Zaïre.

Dadelik met hulle aankoms, weet hulle dat die bedreiging erger is as wat hulle verwag het. Ontdek hulle ook dat dit nie net Gwelo, die hoofman is, wat bedreig word nie, maar die hele stat.

Hulle vind ook uit dat die toordokter, Silwane, wat die stat terroriseer deur ’n mag van die buiteland beheer word en dit is De Beer se taak om hom aan die kaak te stel.

Noodkreet uit Zaïre deur Jef van Staden is ’n spanningsroman wat die leser van die een spannende situasie na die ander sal voer. Dit neem mens eers na die woude van Zaïre, waar oeroue vreemde rituele hoogty voer. Maar die ontknoping vind in Switserland plaas, waar ’n primitiewe dans in ’n gesofistikeerde nagklub plaasvind . . . ’n Voodoo-priesteres uit Afrika voer ’n stamritueel op die verhoog uit maar met ’n sinistere bybedoeling . . . om Anton de Beer te vermoor.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

21.8cm; W: 14cm; H: 1.3cm

Weight

0.28 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details