The Story Station
Nogtans sal ek jubel - Audrey Blignaut (First edition)
Nogtans sal ek jubel - Audrey Blignaut (First edition)
Couldn't load pickup availability
30 essays en vertellinge saamgestel deur Elize Botha
Op dié uitdagende, seëvierende woorde van die Ou-Testamentiese profeet Hábakuk is besluit toe 'n titel gesoek is vir 'n keur uit die werk van Audrey Blignault – nie net omdat dit die titel is van een van die essays in die bundel nie maar ook omdat die woorde ten grondslag lê van dié alombekende Afrikaanse skryfster se hele oeuvre.
Of sy nou skryf oor 'n strandspieël, "wat jou net nooit laat lyk soos jy wíl lyk nie", of in dié gaan oor 'n afgrond van die gees waarvoor sy te staan gekom het, altyd is daar by Audrey Blignault die jubeltoon teenwoordig, wat uiting vind hetsy in 'n skaterlag, hetsy in 'n gebed dat "die moed my geskenk word om ook te juig".
In Nogtans sal ek jubel leer die leser 'n skryfster ken wat self volledig mens is, iemand wat kan lag én huil, iemand wie se nuuskierigheid haar lei na die bekoorlikheid van 'n negentiende-eeuse sendingstasie, wat haar pelgrimstogte laat onderneem na die woonplekke in ver lande van haar geliefkoosde skrywers, wat haar die Tadj Mahal laat opsoek en ook 'n eenvoudige sandklipmonument vir die gestorwe Boere op Bermuda. Die leser leer 'n skryfster ken wat ernstig besin oor die mens en sy plek op aarde, iemand wat 'n hoopvolle en vreugdevolle lewenshouding rustig kan beredeneer, maar veral iemand wat blydskap in die alledaagse kan vind.
Nogtans sal ek jubel wil in die woorde van die samesteller "dieselfde aanskyn verkry as een van die nege bundels van Audrey Blignault self: 'n boek wat weerspieëling is van die verskeidenheid van onderwerp, die verskeidenheid van stemming en die verskeidenheid van vermoëns van die skryfster, en terselfdertyd getuienis is van die durende vreugde wat uit haar werk geput kan word". Aan dié hoë verwagting word ruimskoots voldoen.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21.7cm; W: 14cm; H: 1.6cm
Weight
Weight
0.35 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share







