Skip to product information
1 of 9

The Story Station

’n Wonderlike geweld: Jeugherinneringe - Elsa Joubert (First edition)

’n Wonderlike geweld: Jeugherinneringe - Elsa Joubert (First edition)

Regular price R 249.00 ZAR
Regular price Sale price R 249.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

'n Wonderlike geweld is in wese 'n karakter-roman wat die vormingsjare uitbeeld van een van Afrikaans se bekendste skrywers.  

Elsa Joubert groei op in 'n geborge omgewing, maar verlang terselfdertyd na 'n meer uitdagende lewe waarin sy haar kreatiewe talent tot uiting kan bring. Haar ouers speel hierin 'n kardinale rol: haar komplekse ma wat haar lewe probeer beheer, maar vir wie sy tog mettertyd begrip ontwikkel namate sy besef watter invloed die sterfte van 'n sussie gehad het; en haar simpatieke en ondersteunende pa van wie sy soms skerp verskil. Boeiend is ook 'n verhouding waarin godsdiens, musiek, weemoed en erotiek saamsmelt in die verwarde gemoed van die jong meisie – dié met haar vioolonderwyser, Herr Metzler.  

Dié outobiografiese vertelling oorskou Joubert se Bolandse kinderjare, haar studie aan die Universiteit van Stellenbosch, haar ervaring as onderwyseres op Cradock, haar nagraadse studie aan die Universiteit van Kaapstad en haar werk as joernalis by Die Huisgenoot. Totdat sy op 8 Maart 1948 as vyf-en-twintigjarige op die dek van 'n skip – die diep, donker water onrustig onder die kiel – staan, in afwagting op 'n alleenreis deur Afrika.  

Dit is 'n verhaal wat met verstommende detail 'n bepaalde era in die land se geskiednis uitbeeld, en daarby ook die wording van 'n skrywer. Met opwinding ontdek Elsa Joubert haar verbondenheid aan haar volk, maar ook die dwalinge van Afrikanernasionalisme. Die blywende beeld is dié van 'n vrou wat as kind reeds die drang na woorde ervaar, wat te midde van uiteenlopende invloede in die onstuimige tyd ná die Tweede Wêreldoorlog haar onafhanklike stem as skrywer vind.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 22.9cm; W: 13.7cm; H: 3.8cm

Weight

0.7 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details