The Story Station
’n Huis vir Nadia - Dalene Matthee
’n Huis vir Nadia - Dalene Matthee
Couldn't load pickup availability
Toe sy in standaard vier was en Kella in standaard drie, is hulle vir die eerste keer op verskillende treine gesit: sy na die kinderhuis in die Vrystaat en Kella na ’n plek vir seuns in die Oos-Kaap. Daardie dag het sy gesweer: sy sal gou grootword sodat sy vir hulle ’n huis kan koop en hulle nooit weer met die trein hoef weggestuur te word nie.
Maar dit het Kella nie getroos nie. Hulle moes hom later in die trein tel en sy hande van die reling losmaak. Sy geskree en geskop het mense laat stilstaan om te kyk.
“Shame,” het ’n vrou gesê. “Sy naam is nie Shame nie, sy naam is Kella,” het sy gesnyp en bygevoeg: “Ek weet, want hy’s my boetie.”
Nadia Hamman, weggooikind wat deur die Welsynsmense groot- gemaak moes word, het daardie dag ’n besluit geneem waarby sy deur al die jare daarna sou bly: om vir haar en haar broer ’n plekkie in die lewe te vind, ’n veilige hawe.
Maar wat maak ’n mens as die persoon rondom wie jy jou lewe opgebou het, die dag te veel van jou vra – sóveel dat jy begin twyfel of jy enigsiets vir hóm beteken?
In haar wanhoop kan Nadia haar nie eens tot Rex de Waal wend nie, al sê Rex ook dat hy vir haar omgee. Want ryk Rex de Waal, die hubaarste vrygesel in die distrik, kom uit ’n vooraanstaande familie. En die lewe het Nadia al geleer dat mense se houding teenoor haar soos handomkeer verander sodra hulle die ware feite van haar lewe hoor …
’n Huis vir Nadia is ’n warm, menslike verhaal van liefde en hoop, van mense se strewe na geluk, en van die waagmoed wat hulle soms té veel op die spel laat plaas.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21.4cm; W: 13.8cm; H: 1.7cm
Weight
Weight
0.25 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share






