The Story Station
My beskeie deel: ’n Outobiografiese vertelling - M.E.R. (First edition)
My beskeie deel: ’n Outobiografiese vertelling - M.E.R. (First edition)
Couldn't load pickup availability
M. E. Rothmann begin in die twintigerjare publiseer. Onder haar eerste publikasies was daar veral boeke vir die kind – Die Kammalanders, byvoorbeeld, Hansie en die bessiekinders, Die Sondagskind en Kinders van die Voortrek. Sy het vir die Afrikaanse kind begin skryf op 'n tydstip toe hy eintlik nog bitter min in sy eie taal had, maar bowenal was sy een van die eerste Afrikaanse skrywers wat met 'n ware begrip vir die kinderwêreld kon skryf. Toe haar Kinders van die Voortrek dan ook in 1965 heruitgegee is onder die titel Die Tweeling trek saam is dit met die Scheepersprys bekroon – die hoogste erkenning vir jeuglektuur in Afrikaans.
Ook in die twintigerjare verskyn haar Onweershoogte en ander verhale – 'n bundel kortkuns wat eintlik haar sterkste rigting in die letterkunde inlui. Met later werke soos Uit en Tuis, Drie Vertellinge en Die Gewers, vestig sy haar finaal as fyn prosaïs sodat die literêre kritiek haar plaas as 'n vormende krag in ons letterkunde. En ook in ons geesteslewe – want haar werk is gebore uit 'n heel besondere liefde vir en insig in die mens en sy wêreld, agting vir die lewe soos sy dit om haar waargeneem het, 'n deernis met die menslike lot en 'n bepaalde lewensbeskoulikheid wat uniek is in ons letterkunde.
Ook hierdie werk van haar word met die hoogste erkenning in die Afrikaanse letterkunde bekroon: Die Hertzogprys. En in 1951 ontvang sy van haar alma mater, die Universiteit van Kaapstad, 'n eredoktorsgraad in die lettere en wysbegeerte. Genoeg om in 'n leeftyd te bereik, sou 'n mens kon sê. Maar dit is maar een déél van wat M. E. Rothmann gegee het – want dáárom gaan dit steeds: Gee, help, bydra. Dit kon sy ook uitnemend bereik deur haar intieme en vrugbare samewerking deur soveel jare met die A.C.V.V. In 1928 word sy aangestel as organiserende sekretaresse van dié welsynsorganisasie en wat maatskaplike dienste betref – gesinsorg, opvoeding, kraamdienste, die opheffing van die armblanke – het sy soveel gedoen dat haar naam groot geskryf staan oor die hele ontwikkeling en vooruitgang van haar volk. Ook vir hierdie werk word 'n eredoktorsgraad aan haar toegeken deur die Universiteit van Stellenbosch.
Nou, vir die eerste keer, in My beskeie deel vertel sy van haarself en haar lewe. Sy vertel van kinder- en jeugjare, van mense en omstandighede wat haar gevorm en beïnvloed het. Sy vertel, openhartig en sonder skroom, van haar soeke langs soveel weë na haar eintlike lewenstaak.
Om die herinneringe van M. E. Rothmann te lees is om 'n stuk Afrikaanse lewe, 'n bepaalde werklikheid nuut te ervaar. Sy het soveel hoogtepunte in die Afrikaanse geskiedenis persoonlik beleef: Die Engelse Oorlog, die Rebellie, die woelinge op politieke gebied, tydens en ná die Eerste Wêreldoorlog, die beginjare van Die Burger, die eerste Nasionale Regering . . . Sy het soveel groot figure persoonlik ontmoet: Paul Kruger, president Steyn, generaal Hertzog, dr. D. F. Malan, Langenhoven. En met dieselfde fyn waarneming, dieselfde begrip en verdraagsaamheid wat haar karaktertekening as skryfster kenmerk, teken sy hulle hier.
Ook hierdie boek staan in die teken van haar hele lewe en werk: Ook hier gee sy – van haar herinneringe, van haar ervaringe, van wat die lewe haar geleer het en wat sy self ontvang het. En as 'n mens werklik gee, uit die hart uit, gaan niks verlore nie en kry alles sin.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21.8cm; W: 14cm; H: 2.2cm
Weight
Weight
0.51 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share
