The Story Station
Moerbeibos - Dalene Matthee (First edition)
Moerbeibos - Dalene Matthee (First edition)
Couldn't load pickup availability
Silas Miggel is ’n man van eenvoud en van eer. ’n Bosmens wat sy mooie Mirjam op die oopte van Gouna se platrand grootmaak – eenkant, sodat hy haar kan weghou van mans. Dat hy onwettig woon op kroongrond wat vir immigrante opsygesit is, traak hom min.
Hy is ’n man wat sy eie dink dink en wat sy staan kan staan. Moeilikheid soek hy nie, maar moeilikheid soek hóm.
Soos die spul rumoerige Italiane wat op ’n dag op die platrand afgelaai word. Sywurmboere uit Italië wat ingevoer is om ’n sybedryf te kom vestig, en dít op ’n stuk aarde waar ’n moerbeiboom verseg om in die potklei te groei.
Dat hulle in die strawwe boswinter, met sy aanhoudende reën en koorssiekte, met hulle kinders in tente moet sit, is maar die begin van die ellende. Hulle sukkel om hulle verstaanbaar te maak en om te verstaan wat in dié deurmekaar wêreld aangaan; hulle raak al hoe meer verbitter oor hulle deur die goewerment om die bos gelei en daarna vergeet is; en vir die ruigtes bly hulle doodbang.
Silas wil hulle nie daar hê nie, veral nie om sy dogter nie, maar teen sy sin raak hy betrokke by hulle lot; word hy sieketrooster en vredemaker. En planmaker. Want die Italiane wil hy op ’n skip kry, terug na Italië. Hulle is klipmense, nie bosmense nie.
Maar Silas Miggel staan mаn-alleen teen die goewermentswiel, en dié rol stadig maar onverbiddelik.
En boonop raak sy meisiekind onregeerbaar: party dae verdwyn sy net en kom die aand stralend terug, en sy steek haar geheim weg soos die Bos sy lelies.
Moerbeibos is 'n verhaal wat op ware feite gebaseer is. Dis vol gebeurlikhede: amusant, en soms snaaks; ontroerend, met plek-plek tragiese aksente.
Dit dra, nes Kringe in 'n bos en Fiela se kind, die onmiskenbare stempel van Dalene Matthee se vertellersgawe.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 22cm; W: 14.5cm; H: 2.8cm
Weight
Weight
0.5 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share
