The Story Station
Missionaris - Elsa Joubert (First edition)
Missionaris - Elsa Joubert (First edition)
Couldn't load pickup availability
Die laat agtiende en die neëntiende eeu in Europa is onder meer gekenmerk deur ’n intense betrokkenheid by die boorlingrasse van ver streke – China, Indië, Persië, die Suidsee-eilande. En Afrika. Vir talle Europeërs was dit ’n lewende ideaal om dié wêrelde voor die einde van die eeu vir die Christendom en die Westerse beskawing te wen. Verenigings is gestig, geld is ingesamel, werkers is gewerf.
So kom dit dan dat Aart Antonij van der Lingen in die jaar 1800 voet aan wal sit in ’n totaal vreemde wêreld: die Caap de Goede Hoop.
Wie was hierdie bleek, teruggetrokke jong Hollandse boekhouerklerk, sieklik, met ’n misvormde rug, en met geen werklike sekerheid oor sy roeping nie?
In die annale van die geskiedenis word hy skaars genoem. As daar nog sydelings na hom verwys word, word hy afgemaak as ’n mislukking. Al wat daar verder van sy lewe oorgebly het, is enkele briewe, fragmente van ’n onvoltooide dagboek, ’n verslag en verwysings in ou notules.
Tog het hy iets vir ons eeu te sê. Rondom die karige bronne tot haar beskikking het Elsa Joubert ’n roman opgebou waarin die sosiale en kerklike omstandighede van byna 200 jaar gelede onmiddellike werklikheid word. Met skerp sintuiglikheid beeld sy die verfynde lewe aan die Caap, die wilde ongetemdheid van die onbekende binneland. Sy beeld die bleek jong Hollander se kennismaking met die mense van Afrika: die Hottentotte, die Bosjesmannen, die Bastaarden, die Biriquas. Sy plaas hom midde-in die talle twiste van dié tyd: tussen boer en sending, kerk en sending, staat en kerk.
En uiteindelik word sy reise na die Oosgrens en die Noordweste die odyssee van ’n man op soek na homself, na kontak met sy ewemens en die teenwoordigheid van God.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 22cm; W: 14.4cm; H: 2.4cm
Weight
Weight
0.47 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share
