The Story Station
Mal Hansie en ander verhale - Audrey Blignaut (First edition)
Mal Hansie en ander verhale - Audrey Blignaut (First edition)
Couldn't load pickup availability
Ter viering van Audrey Blignault se tagtigste verjaardag vestig Hennie Aucamp en Elize Botha met hierdie bloemlesing die aandag daarop dat sy benewens essays ook rasegte kortverhale geskryf het.
In 'n bestek van veertig jaar het Audrey Blignault tien bundels essays gepubliseer – van In klein maat in 1955 tot Pas op vir Jantatarat in 1979. Boeke wat wyd aanklank gevind het. Want hulle "is doepa vir 'n dikbek; vonk vir 'n vaal dag; laai 'n mens opnuut vir die avontuur van die lewe, wat nie ver is nie, maar in en rondom jou" (Berta Smit).
In Die blye dae van 1965 verskyn die eerste volwaardige vertelling tussen die essays: "Mal Hansie". Daarna word dié soort tekste talryker, veral in Die plesierboom (1967) en Die rooi granaat (1970).
Mal Hansie en ander verhale bied vir die eerste keer hierdie gewilde en ontroerende vertellinge in een band, met illustrasies deur Cora Coetzee.
Dit is 'n volwassene wat veral terugkyk op haar jeug en dan 'n kind aan die woord stel: 'n meisietjie wat nie kan aanvaar haar oupa is dood nie, wat 'n baie ongeseënde Kersfees beleef, of deur skuldgevoelens geteister word toe 'n pestilensie van 'n buurseun hom byna morsdood uit 'n pruimboom val. Die kind ervaar gesinsverbrokkeling, liefdesarmoede en die wanhopige verset van 'n onvriendelike oom teen ouderdom en aftakeling. Maar ook die verwondering wanneer 'n seun op 'n reënerige oggend so anders en belangrik vir haar word.
Dis verhale wat, in Audrey Blignault se woorde, vertel "van die enigste spoor wat nie vergaan nie – die spoor wat een mens laat op die hart van 'n ander".
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 23cm; W: 15.7cm; H: 1.6cm
Weight
Weight
0.35 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share
