The Story Station
Liefs nie op straat nie - John Miles (First edition; Rare)
Liefs nie op straat nie - John Miles (First edition; Rare)
Couldn't load pickup availability
John Miles se eerste kortverhale het in die tydskrif Kol verskyn. Daar was dit al duidelik dat die kortverhaal soos hy dit beoefen iets heel anders is as die kortkuns van die afgelope sestigerjare.
Hier is die eerste ernstige voorbeelde van die kort-kortverhaal in Afrikaans; die verhaal wat onverdund vertel, waar die gegewens in min woorde saamgepers en die hoogste poëtiese konsentrasie bereik word. Stilisties dus alreeds boeiend. ’n Ander stylfaset is ook die wyse waarop die skrywer dikwels byna filmies beskryf, ’n noukeurige weergawe gee van handelinge, waardeur ’n verbasende spanningseffek verkry word.
Ook tematies is die bundel anders. ’n Tematiek wat daar alreeds ’n weerspieëling van die gees van verskeie verhale. Die situering is juis op straat, of daar waar die mens, by sy medemens, op sy mees kwesbare is, blootgestel aan aanslae en selfs aan die koelbloedigheid van die samelewing. Daarom ook die belangstelling in die misdaad, in die koelbloedigheid van mense teenoor mekaar. Maar dan is daar ook in dié behandeling iets meer as ’n blote beheptheid—miskien kan die koelbloedigheid juis besweer word deur die aandag daaraan te bestee.
’n Verdere opvallende benadering lê in dié verhale wat duidelik, of geïmpliseerd, die mens in sy politieke betrokkenheid sien, alhoewel die ras-identiteit van karakters in dié stukke nie altyd duidelik geplaas wil word nie.
’n Bundel dus wat om sy andersheid, nuwheid van benadering en literêre gewaagdheid gaan boei; maar ook verhale lewer wat ’n nuwe naam voeg by die Afrikaanse kortkuns.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21.3cm; W: 12.4cm; H: 1cm
Weight
Weight
0.2 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share







