The Story Station
Leipoldt 100 - ’n Bundel opstelle saamgestel deur Merwe Scholtz (First edition)
Leipoldt 100 - ’n Bundel opstelle saamgestel deur Merwe Scholtz (First edition)
Couldn't load pickup availability
Die bydraes tot hierdie Leipoldt-feesbundel kom van geesdriftiges uit 'n vir die Afrikaanse literatuur seldsame groot aantal lesersgenerasies. Bewus of onbewus, en in mindere of meerdere mate, belig hulle die verskynsel wat deur die sg. "resepsie-teorie" by monde van Hans Robert Jauss soos volg geformuleer is: "The tradition of art presupposes a dialogue between the present and the past, according to which a past work cannot answer and speak to us until a present observer has posed the question which retrieves it from its retirement."
Die bundel is daarom nie alleen insiggewend vanweë die (soms verrassende) herinterpretasies en -waarderings wat dit van soms heel "bekende" Leipoldt-tekste verskaf nie, maar ook vanweë die beeld wat dit gee van ons literêre kritiek en geskiedskrywing. Dit het daarom iets van die bruikbaarheid van, sê maar, David Daiches se bekende Critical approaches to literature wat sedert die middel van die vyftigerjare gereeld herdruk word. Net, in Leipoldt 100 is die tekste meer eksplisiet byderhand as in Daiches se bloemlesing plus kommentaar.
Die twee bydraes wat nie in die eerste plek oor Leipoldt se literêre werk handel nie, dié uit die kombuis- en die koeranthoek, het dit albei ook met tekste te make. Die hedendaagse perspektiewe van die literatuurwetenskap maak dergelike studies veel meer relevant as wat literatuurwetenskaplike "puriste" van slegs enkele dekades gelede dit kon droom.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 12.8cm; W: 15.5cm; H: 1.1cm
Weight
Weight
0.35 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share
