Skip to product information
1 of 8

The Story Station

Lag byvoorbeeld - Pirow Bekker (First edition)

Lag byvoorbeeld - Pirow Bekker (First edition)

Regular price R 59.00 ZAR
Regular price Sale price R 59.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Al die soorte verhale wat Pirow Bekker al geskryf het, word in Lag byvoorbeeld verteenwoordig.

Daar is verhale soos dié in Die peerboom en ander verhale en Voordat berge gebore word: verhale wat ’n seunswêreld oproep. Die mannetjies pak uitdagings aan, met ’n “volwassene as simpatieke raadgewer of, meer dikwels, opponent. Een sukkel om ’n wildgeworde bokram net op die regte plek te kwes sodat hy ’n boerdery onder toesig van sy oupa kan begin; ’n ander moet 'n hondjie, sy verjaarsdaggeskenk, offer sodat die grootmense kan glo hy’s ’n gehoorsame kind. En nog een bepaal iets drasties wanneer die ouens hom oor sy onderbroek spot – die een wat sy huilerige ouma vir hom gemaak het.

Wanneer seuns man word, verander die uitdagings. Nou is die probleem: Hoe om nie meer ’n “simpel seep” te wees wanneer ’n “verre prinses” jou help met jou kleurblindheid of haar “fy teen jou laat gaan” op ’n bus of bed nie.

Oor die man in sy middeljare en ouderdom is hier ook verhale, verhale van die fel stryd tussen man en vrou, van verwerping, wraaksug en selfvernietiging – in die trant van die Vangs-verhale.

En die bundel sluit ook die Trap sag terwyl jy hardloop-soort in – kortkortverhale; allegorieë, satires, dié wat die verlossende lag opborrel.

Baie tekste in Lag byvoorbeeld is onmiddellik toeganklik en vermaklik; dit boei jou reeds met ’n eerste lees. Maar daar is ook tekste wat die stipleser beloon. So ’n leser kan die taalspel bewonder; en deur die “poëtiese” verdigting, ironieë en onderbeklemtonings dring om ’n dieper sin te ontdek.

Pirow Bekker skink hier van sy beste wyn.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 21.3cm; W: 13.7cm; H: 0.9cm

Weight

0.18 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details