The Story Station
Kroniek van Perdepoort - Anna M. Louw (First edition)
Kroniek van Perdepoort - Anna M. Louw (First edition)
Couldn't load pickup availability
As ’n roman gesien word as ’n wêreld-in-die-kleine, is Kroniek van Perdepoort ’n sekere bewys daarvan. Tussen die bladsye van hierdie boek ontstaan daar, skerp omlyn, die wêreld van Perdepoort en die Lotriets en die mense van Ertmansstasie. Met haar deurleefde mensekennis, haar fyn sin vir humor – wat die waarmerk is vir egte deernis en begrip – met haar besondere vermoë tot sinuitleglike beelding laat Anna M. Louw hierdie wêreld met sy mense kenbaar voor haar leser opstaan.
Só sterk is die illusie van werklikheid dat die verhaalgegewe as volledig waar aandoen, ’n greep uit die historiese werklikheid self – en dan ’n wesenlik Afrikaanse werklikheid soos dit nog selde tevore in die Afrikaanse romankuns vorm gekry het.
Anna M. Louw begin haar verhaal vyftien jaar ná Koos Lotriet, bygenaamd Koos Nek, se dood: by die makabere toneel van sy herbegrafnis. Van daar af laat sy met ’n interessante hantering van tydtegniek en perspektief die verhaal terug beweeg tot by die dae toe Koos Lotriet as trotse jong boere-aristokraat uit die Boland gekom het om by Perdepoort sy eie klein koninkryk te stig. Sy gee die uiteenlopende verhale van sy vyf seuns, sy skoondogters, sy kleinkinders sodat Kroniek van Perdepoort gesien kan word as ’n grootste familiesage waar die lotgevalle van die Lotriet-geslag, en met hulle saam ’n hele gemeenskap, binne hulle tyd betrag en deurgrond word.
Maar waar dit gaan om ’n wêreld-in-die-kleine gaan dit ook in eerste instansie om die lewensbeskoulike, om ’n bepaalde metafisika, om die gewete van die tyd. Kroniek van Perdepoort word fyn opgebou in die vorm van ’n onverbiddelike verhoor waarin die mens – en eintlik ’n hele beskawing – tot verantwoording geroep word en elke gebeurtenis deel vorm van noodsaaklike gegewens in hierdie gerig.
En uiteindelik groei hierdie roman uit tot ’n onthullende deurskouing van die stryd tussen goed en kwaad. Die mens staan hier gekonfronteer met magte in hom en buite hom en bo hom. Elke klein gebeurtenis word hier méér as net waarneembare oomblik binne die tyd; dit word deel van ’n onvatbare bowewerklikheid en groei uit tot simbool, sodat werklikheid en werklikheid hier subtiel inmekaargeweef is.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 22cm; W: 14cm; H: 2.2cm
Weight
Weight
0.46 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share







