The Story Station
Korsies van growwebrood - P.H. Nortje (First edition)
Korsies van growwebrood - P.H. Nortje (First edition)
Couldn't load pickup availability
P.H. Nortje het in sy bekroonde jeugboeke soos Pennie se vuur en Die groen ghoen oor sy jeugland geskryf – die plaaswêreld van die Baviaanskloof in die Winterhoekberge. Hy het dit so eg gedoen dat Audrey Blignault indertyd getuig het: As jy klaar gelees het, het “jy die korsie van jou bruinbrood in ’n blikkie turksvystroop geweek agter die koeniebosse by meester Van Rooy se skool”. Later volg sy bundels Sonkant-sketse waarin hy die doen en late van die liewe Wellingtonners met ’n vonkel in die oog opteken.
In al hierdie boeke is daar “verskuilde outobiografie”. Nou, in Korsies van growwebrood, word die waarheid vertel. Die vertelling sluit aan by sy bestaande skryfwerk, vul dit aan en verklaar heelwat. Hy het byvoorbeeld nog nie vantevore vertel hoe hy as kleuter met ’n blinde eend geboer het of van sy liefdesteleurstelling in sub A nie. Sy lesers was nog nie saam met hom op ’n “subskripsiedans” nie – waar ’n man maklik ’n “hooimied” as maat kan kry. Dan is daar ook die storie oor hoe Jan Draf die balhorige donkies die steiltes uitgekry het die keer met die groot uittog see toe. Saam met hom beleef ’n mens ’n toekomstige eerste minister se heldedaad toe twee platjies palings wou vang. Hy verduidelik hoe "die wilde, getroude voël" hom sy Wellington-sketse laat skryf het, en hoekom hy sulke vrese had vir sy Huisgenoot-storie oor die kwaadgemaakte kerkraadslid op die rugbyveld.
En dan verbreek hy hier sy swye oor 'n belangrike deel van sy lewe: sy loopbaan as onderwysman, van "hardekwas gimnastiekonderwysertjie" op Douglas tot dosent en waarnemende rektor aan die Wellingtonse Onderwyserskollege. Dis pitkos vir onderwysers, studente en almal wat hulle eie skooldae wil herleef.
P.H. Nortje vertel nie saai chronologies nie; sy herinneringe loop loslit heen en weer in die tyd. Dis die lekker gesels in 'n sitkamer of langs 'n vuurtjie êrens in die Kouga — vol milddadige wysheid, nostalgie en humor.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
21.8cm; W: 14.1cm; H: 1.8cm
Weight
Weight
0.37 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share
