The Story Station
Klaprose teen die wind - Marzanne Leroux-van der Boon
Klaprose teen die wind - Marzanne Leroux-van der Boon
Couldn't load pickup availability
In ’n Hollandse kafeetjie sê Marc van Stellenbosch vir die kelnerin hy kom so pas uit Afrika.
Dan laat sak Jurgen van Franschhoek sy koerant en vra: “Suid-Afrika?”
Só ontmoet die twee “broers-uit-die-verdrukking” mekaar. As diensplig-ontduikers het hulle ontsnap van ’n regime van ongeregtigheid en diskriminasie na “die heilige plek van die groot toleransie”. Albei wil ook van verstarde denke en ’n verkrampte leefwyse loskom.
Gaandeweg verdiep hul vriendskap, raak hul verhouding verwikkeld.
Jurgen is gay. Maar sonder om volkome deel van die homokultuur te wees. Veral nadat sy minnaar, Tako, aan vigs dood is, vermy hy seksuele kontak. Hy verpleeg nou vigslyers in ’n kliniek.
Jurgen kén die frustrasie, wanhoop en skuldgevoelens van ’n homofiele bestaan en gun dit nie vir Marc nie. Hy wil hom waarsku. Daarom bring hy hom in aanraking met die skadus van homoseksualiteit. Hy toon byvoorbeeld aan hom dat dit ’n vorm van verslawing kan wees – soos dwelmmisbruik. Hy laat Marc die lyding van die vigspasiënte sien; die uitdagende mening van ’n uitgesproke gay aanhoor.
Nie net by Jurgen maak Marc kennis met homoseksualiteit nie. By sy ouma vind hy meer uit oor sy vader se seksuele ambivalensie, ’n stryd wat tragies geëindig het.
Maar dan is daar Anneliese van die rooiliggebied. Met haar jong, buitelende liggaam voor hom weet Marc dat die lewe ook ekstaties kan wees.
En toe word dit nag vir hom en Jurgen. Byna bomenslike opofferings word geverg; hulle liefde word tot die uiterste beproef.
Klaprose teen die wind is ’n roman oor seksuele ambivalensie en die verskrikking van vigs. Die tema word ewewigtig en indringend ontgin. Mediese, etiese en geloofsaspekte – dit word alles romanmatig gedek. En op die koop toe kry die leser insae in die leefwyse van die Nederlanders, word hy bekoor deur die vreemde. Dit is ’n roman wat die verstand en die hart aanspreek.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21.3cm; W: 13.8cm; H: 1.2cm
Weight
Weight
0.24 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share
