Skip to product information
1 of 8

The Story Station

Jy kan die kommuniste vertrou - Dr. Fred Schwarz

Jy kan die kommuniste vertrou - Dr. Fred Schwarz

Regular price R 84.00 ZAR
Regular price Sale price R 84.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Die titel van hierdie boek is nie so skrikwekkend as wat dit mag lyk nie, want in sekere sin kan die Kommuniste vertrou word. Hulle het hul planne, hulle oortuigings, en selfs hulle metodes in duidelike onmiskenbare woorde uiteengesit. Hulle het hul boodskap in elke taal oor die hele wêreld gepubliseer.

En hulle kan vertrou word om daardie planne onafgebroke na te streef.

Die Kommuniste sê dat hulle die stryd teen die Kapitalisme tot die einde toe aangeknoop het, dat klasseoorlog onafwendbaar is en slegs kan eindig in volkome oorwinning vir een kant. Hulle is tot die dood toe aan hierdie stryd gewy, en hulle glo die doel heilig die middele. Enige metode wat hulle volg, enige manier waarop hulle dit gebruik, enige gevolg wat dit mag hê, is vir hulle geregverdig.

Die Kommuniste glo dat absolute, meedoënlose diktatorskap noodsaaklik is vir hulle heerskappy. En hierdie diktatoriale mag stel hulle in die hande van diegene wat die sentrale komitee van die Kommunistiese Party beheer.

Hoe weet ons dat dit die geval is? Hoe glo ons sulke verklarings? Die antwoord is: getuienis uit die verlede — getuienis geskrewe, uitgespreek, en uitgevoer in koue, berekende beplanning. Die Kommuniste het hulle planne aangekondig en hulle deurgevoer, nie een maal nie, maar baie male. Hulle rooster vir wêreldverowering is gepubliseer, en tot dusver verloop alles volgens plan.

Die Kommuniste wil hê ons moet glo dat teenstand onmoontlik is. Maar hierdie boek toon in duidelike, verstaanbare terme hoe u kan help met ’n teenaanval. Die antwoord lê in kennis, want waar daar kennis is, daar is krag. U sal sien hoe die Kommuniste die opvoedkunde, taal, kuns, handel, diplomatiek, godsdiens en kulturele uitruiling geïnfiltreer het. U sal kennis opdoen omtrent breinspoeling, die groot leuen, die Kommunistiese front, die medereisiger, en al die ander tegnieke wat hulle ken en sonder aarseling gebruik.

Hierdie boek toon dat u die Kommuniste kan vertrou om hulle plan vir wêreldheerskappy na te jaag, maar dit stel in u hande die mees doeltreffende wapen wat daar bestaan. U kan nou volledige kennis opdoen omtrent die Kommunisme, leer om dit te begryp, dit te bestry, en aldus ware vryheid oor die hele wêreld te bewerkstellig.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 21cm; W: 13.8cm; H: 2.2cm

Weight

0.33 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details