Skip to product information
1 of 7

The Story Station

Jesus van Nasaret - Sakkie Spangenberg (First edition)

Jesus van Nasaret - Sakkie Spangenberg (First edition)

Regular price R 99.00 ZAR
Regular price Sale price R 99.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

In Jesus van Nasaret stel Sakkie Spangenberg die leser bekend aan ’n handvol perspektiewe op Jesus. Dit begin by sy eie verhaal van kennismaking met ’n Kinderbybelperspektief. Hy vervolg met ’n Sondagskool- en ’n Katkisasieperspektief voordat hy die meesterverhaal van die Westerse Christendom onder die loep neem. Hierdie perspektief is grootliks die produk van die Griekse en Latynse kerkvaders. Gedurende hierdie jare word Jesus van Nasaret die Seun van God, die Tweede Persoon van die Drie-eenheid.

Die skrywer bespreek ook ander perspektiewe op Jesus aan die hand van verhale in verskeie Bybelboeke asook ander geskrifte.

Hierdie boek is die produk van sy studie oor die afgelope 30 jaar waartydens hy Bybelkunde en Ou Testament doseer het. Hy begelei die leser op ’n besonderse manier deur die omstandighede waarin hierdie verhale opgeteken is.

Die onderskeid wat hy tref tussen die “historiese Jesus”, die “vertelde Jesus” en die “dogmatiese Jesus” help hom om aan te toon dat daar van vroeg af aan verskillende perspektiewe bestaan het. Hy wys ook uit dat daar ten minste drie groepe in die vroeë Christendom bestaan het: (1) “Christen-Jode”, (2) “nie-Joodse volgelinge van Jesus” (of dan Pauliniese Christene) en (3) “nie-Jode en verhelleniseerde Jode”.

In die hernieude gesprek oor die Westerse godsbeeld en die goddelikheid van Jesus is Jesus van Nasaret ’n boek van wêreldgehalte wat gelees moet word deur enigeen wat opreg en eerlik, in die Christelike tradisie, in die naam van Jesus bid, preek en as pastor optree.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

24cm; W: 16.2cm; H: 2cm

Weight

0.58 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details