Skip to product information
1 of 9

The Story Station

Jasper in die wildernis - C.F. Beyers-Boshoff (Jasper #8)

Jasper in die wildernis - C.F. Beyers-Boshoff (Jasper #8)

Regular price R 69.00 ZAR
Regular price Sale price R 69.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Wanneer Jasper en Mossie saam met meneer Rossouw en sy geselskap na die Bosveld vertrek, weet hulle slegs dat hulle na ’n onbekende deel van die wêreld gaan. Gou leer hulle dat die verskil tussen die wildernis en die dorp nog groter is as wat hulle vermoed het, want nog voor hulle hul eindelike bestemming bereik, word Mossie deur ’n vlakvark bestorm toe hy sy hoed agter ’n doringbos gaan soek.

Veral Jasper leer dat ’n olifant se geheue werklik so lank is as wat die spreekwoord sê, want nadat hy ’n ou alleenlopende olifantbul in die voet gewond het, word hy telkens deur ou Eentand uitgesoek. Nadat hy alreeds ’n paar noue ontkomings gehad het, besluit Jasper dat iets nou gedoen moet word om die gevaar te beëindig.

Terwyl hy egter nog dink dat hy die ou bul soek, het Eentand hom reeds gevind en moet hy hardloop vir sy lewe. Dit sit nie in ’n dertienjarige knaap se broek om vir ’n olifant weg te hardloop nie, maar Jasper is ’n kêrel wie se brein die vinnigste werk wanneer die gevaar op sy grootste is, en ook in hierdie geval maak hy ’n plan.

Hierdie is die agste deel in die Jasper-reeks, en die vier maats is reeds bekend en bemind tot ver buite die grense van hulle eie dorp as gevolg van hulle kaskenades. Aan hulle word ’n hoë standaard gestel, en in hierdie werk voldoen hulle aan hulle getrouste lesers se hoogste verwagtings.

Condition

Good (G): I’m an averagely used and worn book, but I have no loose, torn, damaged or bent pages.

Dimensions

L:18.8cm; W: 12.7cm; H: 1.2cm

Weight

0.22 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details