The Story Station
Jacoba Afrikaner - Maretha Maartens (First edition)
Jacoba Afrikaner - Maretha Maartens (First edition)
Couldn't load pickup availability
“Wat praat jy so met daardie Herero-seun saam?” het Jacoba Afrikaner se ma gevra. “En wat se gevleggery is dit van jou hare? Die baardmannetjie kuier nie saam met die hoep-hoep nie, Jacoba. Jy moenie moeilikheid soek, noudat jy grootgeword het nie.”
Jacoba het geweet: Ek haal asem soos die veld, soos die springbokke, soos die werfhoenders. Maar ek is anders as hulle. Ek is uit my kleintyd uit. Ná elke tyd kom ’n ander tyd.
Eén helder seisoen het Jacoba Afrikaner en Tuvahi Kapuuo saam gereis – na die waarheid wat onder die sand toegewaai was, na verskrikking, na ’n plek waar hulle kon liefhê en na bevrydende selfkennis. Hierna reis Jacoba, die Nama-meisie, alleen na die Groot Ashoop waar Gladys Koopman, die sorters en Ari, die Angolese bandesmous, haar in die gemeenskap – en in die apokalips – van Kupferberg opneem.
Aan die beter kant van Kupferberg dink Bas Pretorius: Die eenvoudige een-bladsy-verhaal van ons lewe is nou in twee gevou. Om die geskrif van ons lewe te kan lees, moet ons die materiaal bly manipuleer – links van die fout, regs van die fout.
Jacoba Afrikaner is die verhaal van twee liefdes, of dalk van drie. Dit is werklikheidsfiksie waarin duiselingwekkende geheime van die Donker Kontinent aan die lig kom. Maar dit is ook die storie van ’n groepie mense in wie se lewens waarheid en ontugtering, adel en boosheid, krag en berou eindelik hul beslag kry.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21.3cm; W: 13.8cm; H: 1cm
Weight
Weight
0.26 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share
