The Story Station
In die oog van die web - Engela van Rooyen
In die oog van die web - Engela van Rooyen
Couldn't load pickup availability
Vir Koer en Loper Stierberg is daardie nag twee seuns gebore. In hul armoedige huis op 'n eiland in die Grootrivier, naby welvarende Justus de Wet se plaas. Kort ná die Tweede Wêreldoorlog.
Justus se ma was die vroedvrou. Ou Balsemgans wat haar seun in alles gierig en boos steun.
Sy vrou Alice, die swygsame, was toe ver daarvandaan in die Kaap.
Ook Loper was nie by die huis nie. Deur Justus se toedoen.
Daar is die nag 'n graf gegrawe op die eiland. Klein soos vir 'n pasgebore. En baie vlak.
Kort ná die geboortenag keer Alice terug – met 'n baba, sonder dat ’n siel geweet het sy verwag. Die kind kry die naam Lourens, kortweg Lou. Hy moet die plek inneem van die De Wets se eersteling wat verdrink het.
Maar Lou is 'n "soetjieskind", bang vir alles, tengerig. Dwaal net op die werf rond, nooit te ver van die huis af nie. Alles en almal neem hy met die oog van 'n kunstenaar waar. Teken of skilder dit later.
So anders as Steef Stierberg wat op die eiland grootword. 'n Uitdagende jong man, lief vir die buitelewe. Sterk. ’n Veroweraar van vroue.
Vir 'n hardwerkende man van die aarde soos Justus de Wet is Lou 'n teleurstelling. Verwydering, verwerping is onvermydelik.
In die roman antwoord Lou se lewensverhaal dan – 'n lewe van konstante aanvaarding, herhaalde verwerping, misverstand, vrese en vernietigende skuldgevoelens. Dit is ’n verhaal wat die leser neem na die kokerboomrante van die Noordweste na die dieptes van die myne in die intertydse Noord-Rhodesië, en nog later na die Kalahari-dorsland.
Lou se lewe word ’n "getakte affêring" soos ’n web. In die oog van die web - is dit nie die graffie op die eiland nie? Kan alles nie teruggevoer word na daardie nag nie?
Engela van Rooyen roep met In die oog van die web tyd, plek en gemoedstoestand met helder singtuiglikheid op. Sodat ’n mens telkens die asem intrek van verrassing en verwondering.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
21cm; W: 14cm; H: 2cm
Weight
Weight
0.28 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share






