The Story Station
Hoefslae: Helderitte in Suider-Afrika - C.J. Scheepers Strydom
Hoefslae: Helderitte in Suider-Afrika - C.J. Scheepers Strydom
Couldn't load pickup availability
’n Blouskimmel jaag deur die nag. Bedags skuil hy en sy ruiter in digte bosse, maar as die skemer kom, is dit weer opsaal en ry - en binne tien dae is Dick King in Grahamstad om hulp te ontbied vir die Engelse wat in natal deur die Boere vasgekeer wrod. Sonder die taai uithouvermoë van sy ryperd en die dier se byna menslike aanvoeling vir die erns van ’n situasie sou dié historiese rit moontlik nooit plaasgevind het nie.
En in die geskiedenis van Suid-Afrika gebeur dit telkens: die perd speel ’n beslissende rol.
Toe Jameson Transvaal stil-stil binneval, weet die Transvaalse regering dit vroeg reeds omdat ’n aflosspan-kommandoperde na Zeerust jaag van waar ’n telegram gestuur kan word - oor die enigste telegraaflyn tussen Wes-Transvaal en Pretoria wat nie geknip was nie. Van sulke voorvalle vertel dr. C.J.S. Strydom in Hoefslae.
Daar is die verhaal van ’n jong man wat ’n vasgekeerde Trekkerlaer red omdat hy sy perd vertrou; en die verhaal van Christiaan de Wet wat keep op keer vlak voor die neus van die vyand wegglip omdat Fleur, sy wit kommandoperd, hom nooit in die steek laat nie.
Tussen die hoefslae klink ook dié van perde wat nié redding kon bring nie: Dirkie Uys se perd; die kopsku perd van Louis Napoleon; en die perde wat maj. Allan Wilson en sy manne na hul heldedood gedra het.
Maar geleidelik raak die hoefslae stil, want die masjieneeu breek aan. Dr. Strydom is ’n geskiedkundige én ’n onderhoudende verteller - iemand wat die geskiedenis so kan aanbied dat dit met nuwe helderheid leef en die leser opnuut beetpak.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21.8cm; W: 14cm; H:1.4cm
Weight
Weight
0.3 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share







