Skip to product information
1 of 8

The Story Station

Granate bloei in Jerusalem - Marzanne Leroux-Van der Boon

Granate bloei in Jerusalem - Marzanne Leroux-Van der Boon

Regular price R 94.00 ZAR
Regular price Sale price R 94.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

“Die eerste aand toe ek jou die granaat sien eet het, moes ek jou al liefgekry het ...”

Die fynbesnaarde Suid-Afrikaanse kunstenaar, wat al sy indrukke deur houtskool op wit papierlandskap verwerk, skakeer die donkeroog-Jodin se mond rooi soos granaatsap. Maar heelwat later, in die swart houtskoollyne van ’n geskende Jesus met ’n doringkroon, moet hy ook donkerrooi bloed inskakeer...

Wanneer die handgranate om hulle fluit, steek sy liefde vir Rivkah soos ’n pyn deur Marc. Nie net hang die wolke houtskool oor Jerusalem nie — die jong Suid-Afrikaner en Messiaanse Jodin, met ’n Ortodokse rabbi as pa, kom uit algeheel uiteenlopende agtergronde. En om hulle ontplof Israel, verbondsland van God.

Shalom, Yerushalayim ...

Wat soek ’n skilder uit Suid-Afrika in ’n staat wat geteister word deur die Palestynse Intifada en ’n Jihad? Marc gaan grawe sy Hebreeuse wortels in Israel oop — die begin van ’n lang, onseker reis. Mara, sy ma, stroop die vel van sy identiteit af wanneer sy hom van sy Joodse afkoms inlig. Al die jare ’n bloedgeheim ... tot onlangs, toe oupa Lukas sy hart en gewete oopgemaak het oor Mara — die uiteinde van sy warrelwind-romanse met die fyn Duitse Jodin.

In Jerusalem leer ken Marc nie net Ruwth, sy Joodse bloedouma, en Rivkah, dapper Sabra-meisie in die olyfgroen uniform, nie. Hy ontmoet God, die Jode se Adonai. By die Klaagmuur weet hy hy is ’n Jood: “Ek sien God in hierdie plek, Yerushalayim; in hierdie mense, my mense! Ek sien Hom in die rooi papawer wat op die wind bewe!”

Maar die shalom ontglip Marc soos ’n skaduwee. Ook Yeshua, Jesus. Waarom sou ’n mens Hom nodig hê om by God uit te kom? Dis God wat ek wil ken, weet Marc, nie sy profeet nie! Hoor dié Yeshua ooit die angs van ’n terroris se hartklop voordat hy homself aan stukke laat skiet? Maar wat van die terroriste-aanval? Agter die jeep ... Rivkah se verskeurde are met die polsende stroom bloed wat asof deur ’n onsigbare hand soos ’n kraan toegedraai is? Gebeur wonderwerke wel in die naam van Jesus?

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

21.1cm; W: 13.7cm; H: 1.5cm

Weight

0.38 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details