Skip to product information
1 of 9

The Story Station

Gesie van Sonsig - Engela van Rooyen

Gesie van Sonsig - Engela van Rooyen

Regular price R 79.00 ZAR
Regular price Sale price R 79.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

In Sonsig staan daar ’n groot, leë huis. Die geiserkamertjie van dié huis is Gesie se geliefkoosde faikonta-plek. Daar kan sy alles regdink wat aanhoudend verkeerd loop.
As sy dáár sit met haar faikonta-gedagtes, práát Anton, die bure se seun, met haar – en hy hakkel nie eens een keer nie. Haar ma en Frederik, haar stiefpa, maak nooit rusie nie. Hy werk weer en saans kom hy met sy blinknuwe motor huis toe en bring vir hulle sjokolade en piesangs. Hulle huis het ’n pragtige tuin met ’n watervalletjie waar waterlelies op die blink poel lê…

Maar as Gesie teruggaan huis toe, is die skewe tuinhokkie, die deurmekaar kombuis met sy afgeskilferde mure en die aangepakte ryskastrol nog daar. Frederik slaap nog altyd in die buitekamer, en dit lyk asof Anton haar nie eens raaksien nie. Op ’n dag gebeur daar iets wat Gesie nie kan regdink nie. Haar ma en haar jongste sussie gaan plaas toe, terwyl sy en Hester, haar oudste suster, by Frederik agterbly. Gesie is die enigste een wat weet dat hulle nie maar net met vakansie weg is nie … dat haar ma nie van plan is om weer terug te kom nie. En sy weet nie hóé om dit vir Frederik te sê nie.

Gesie van Sonsig is die verhaal van ’n meisie wat in die „verkeerde” woonbuurt grootword en moet leer om die werklikheid in die gesig te kyk. Engela van Rooyen, wat haar debuut as jeugverhaalskryfster met Kaboep en Koer gemaak het, toon hier weer dat sy besondere insig het in die gemoed van die jong meisie.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 21.8cm; W: 14.3cm; H: 1cm

Weight

0.21 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details