The Story Station
Gerugte van die reën - André P. Brink
Gerugte van die reën - André P. Brink
Couldn't load pickup availability
In ’n land geteister deur droogte bly reën net ’n gerug – maar as dit die slag kom, dan word dit ’n vloedwater wat alles met apokaliptiese geweld wegspoel. Hierdie sentrale beeld word weerkaats in al die fasette van André P. Brink se voorstelling van Suid-Afrika op die rand van ’n afgrond. In die sentrum staan Martin Mynhardt, ’n ryk Afrikaanse nyweraar, wat ’n naweek op sy ou familieplaas gaan deurbring om oor die verkoop daarvan te besin. ’n Oënskynlik eenvoudige besluit word vir hom byna onhanteerbaar namate sy ganse lewe in die engte van daardie een naweek saamgetrek word. Met ’n netwerk van kruisverwysings word die vier dae van die roman voorgestel in terme van ’n viervoudige verhaal, naamlik sy beste vriend (’n leidende Afrikaanse advokaat pas veroordeel as terroris), sy vader wie se historiese sintuig vir Martin onbegryplik bly, sy seun wat ná die Angolese oorlog „moeilik" geword het, en sy minnares wat hom voor ’n onmoontlike keuse stel.
In hierdie dramatiese proses, gekenmerk deur temas soos menslike verantwoordelikheid, historiese verbondenheid, onskuld en identiteit, word ’n hele panorama van die Suid-Afrikaanse lewe belig en ’n breë spektrum karakters bygebring in die ondersoek van die netelige vraag: "Wat is ’n Afrikaner?"
Ten slotte bly Martin alleen oor, gestroop van alles wat vir hom belangrik was en verdoem deur sy onvermoë om lief te hê – hetsy vader of moeder of land, eggenote, broer of seun, vriende of ander vroue.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 22.7cm; W: 15.3cm; H: 2.2cm
Weight
Weight
0.59 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share






