Skip to product information
1 of 9

The Story Station

En oseaan - Jan Rabie (Bolandia #5; First edition)

En oseaan - Jan Rabie (Bolandia #5; First edition)

Regular price R 109.00 ZAR
Regular price Sale price R 109.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

In die jaar 1817 word 'n instituut vir melaatses in die natuurskone Hemel-en-Aarde-vallei opgerig. Sonder hoop op genesing word melaatses, en ook ander ongelukkiges waarvoor daar geen heenkome is nie, na dié instituut gebring om sonder noemenswaardige kontak met die buitewêreld die res van hul lewens te slyt.

As siniese buitestaander, nie net vanweë sy opvoeding en eertydse status as koopman nie, onttrek Lukas Wahl hom aanvanklik aan die gesamentlike bedrywighede van die instituut, wat grotendeels bestaan uit godsdiensbeoefening en sang-ure, maar met die koms van die jong melaatse Catharina vind hy dat nuwe gevoelens in hom wakker word. Sy steeds toenemende gevoel vir haar, 'n komplekse ervaring van beskerming en uitlewering, veroorsaak dat hy enersyds haar vleeslike onskuld koester en andersyds haar optimistiese geestelike oorgawe wil vernietig. Ook is dit 'n stryd om geloof.

Melaatsheid is die onnoembare, die dood voor die dood, die Bybelse siekte wat allerweë met vrees en ontsetting bejeën is. In hierdie jongste BOLANDIA-roman slaag Jan Rabie uitmuntend daarin om die lotgevalle van 'n lepra-gemeenskap weer te gee en daarbo uit te styg. Meer nog, dit is 'n blik op die vrese en verlangens van 'n jong land se mense, vergestalt in die behoeftes van 'n klein groepie melaatses.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 22 cm; W: 14.4 cm; H: 1.3 cm

Weight

0.28 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details