The Story Station
En die verlange bly - Ena Murray (First edition)
En die verlange bly - Ena Murray (First edition)
Couldn't load pickup availability
Op Nhlangani, ’n wildparadys in die Bosveld, luister Wouda beangs na die naggeluide. Hiënas hier naby, verder weg die gebrul van leeus. Sy is alleen – soos so baie nagte nou al.
Nak, haar man, sal eers heelwat later woordeloos in die ander bed kom inklim – ná hy die dag in die veld deurgebring het in die geselskap van die bruingebrande, lenige wildbewaarderes Gail.
Hoekom is daar hierdie afgrondelike verwydering tussen haar en Nak? Waarom hierdie skrynende verlange na die ou Nak?
Dit was immers hy wat reeds as besproete rooikopseun kaalvoet voor haar vasgesteek het met die woorde:
“Ons twee gaan eendag trou.”
“Jy is seker besimpeld,” het sy haar neus opgetrek.
En dit was jare lank haar houding teenoor hom. Sy was Wouda Kellerman, gewoond aan weelde, sosiale vlinder wat net mooi moes lyk.
Hoeveel maal het sy nie Nak se liefde vertrap nie? Hom eers aangelok en dan versmaai...
Toe het die noodlot toegeslaan: resessie in Suid-Afrika. En feitlik oornag die vernedering van werkloosheid en armoede, ook vir haar en haar ouers.
Haar enigste toevlug was Nak. Hy kon haar geluk bied, selfs liefde.
Tot daardie nag, hul huweliksnag...
En die verlange bly is ’n uiters boeiende roman. ’n Menslike verhaal van teenslae, maar ook oorwinnings, van wanhoop en hoop, van ’n jeugliefde wat sterker is as die aanslag van die tyd... en van haat. Ena Murray op haar allerbeste.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21.9cm; W: 14.4cm; H: 1.9cm
Weight
Weight
0.34 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share







