Skip to product information
1 of 8

The Story Station

Dulle Griet - Riana Scheepers (First edition)

Dulle Griet - Riana Scheepers (First edition)

Regular price R 74.00 ZAR
Regular price Sale price R 74.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

In die titelverhaal van Dulle Griet beleef ’n vrou die verskrikking van haar egskeiding.

Dolende in ’n vreemde stad, koop sy ’n poskaart-afdruk van Bruegel se “Dulle Griet” in ’n klein kunsmuseum. Dit gee iets van haarself weer:

Dulle Griet stap deur ’n landskap vol geweld en verwoesting. Om haar wriemel gedrogte lustig rond, is vroue besig om huise te plunder. Maar sy is paraat, dra ’n borsplaat van yster. Sy hou al haar aardse besittings saamegebondel in haar voorskoot. Verbete, dalk waansinnig, skry sy voort – na die hel.

Talle ander Griete verskyn in dié bundel.

Vroue wat geluk smaak, hoe “gesteel” en kortstondig ook al: in ’n berghuis op reënnagte; op ’n restaurantmiddag vol poësie en koestering. Of vroue wat hulle uitleef in “vrouesake”.

Maar meermale is hulle slagoffers van geweld. Uiterlike geweld soos politieke onluste, maar ook subtieler: wanneer ’n huwelik misluk, hulle benoud uitgebuit, verguis of verwerp word. Van die verhale toon hoe mans as seuns reeds gekondisioneer is vir dié geestelike skrikbewind.

Hier word ook vertel van die vroue se weerbaarheid, hoe hulle oorleef. Selfs met gebruik van die skadukant van seksualiteit.

Die verhale in Dulle Griet boei met hul variasies op temas, verrassende onderlinge verbande, hul kaleidoskopiese geskakeerdheid. Dis verhale wat gelaai is met kontras­te, relati­verings en ironie. ’n Ryk tweede bundel deur die reeds bekroonde Riana Scheepers.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

21.4cm; W: 13.8cm; H: 0.6cm

Weight

0.15 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details