Skip to product information
1 of 8

The Story Station

Donkerdrif - Deon Meyer

Donkerdrif - Deon Meyer

Regular price R 129.00 ZAR
Regular price Sale price R 129.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Iemand skiet vir adjudant-offisier Milo April by die Kaapse Waterfront. Koelbloedig, helder oordag, ’n teregtstelling. Is ’n senior SAPD-offisier daarvoor verantwoordelik? En hou dit verband met geheimsinnige briewe wat die geskors­te Valke-speurders Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang het? Met ondertone van nóg staatskaping-onheil?

As hulle dit kan ontrafel, is hul loopbane gered, hul status herstel. Maar hoe ondersoek jy ’n saak in die geheim, met jou hele toekoms op die spel as jy uitgevang word?

Terwyl jy boonop jou tyd moet mors met ’n studentjie op Stellenbosch wat skynbaar ná ’n naweek se gefuif tussen neus en ore verdwyn het? En die aapstreke tussen Jasper Boonstra, die superryk, alom­berugte korporatiewe swendelaar, en die sensuele, desperate eiendoms­agent Sandra Steenberg...

Jy doen maar wat jy altyd doen as jy Griessel en Cupido is. Bekhou, kophou, aanhou. Terwyl jou base raas en die media onmenslike druk op jou plaas. En jy stadigaan besef dit is die donkerste drif wat agter alles sit. Gierigheid.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

22.2cm; W: 15.3cm; H: 3.6cm

Weight

0.59 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details