Skip to product information
1 of 9

The Story Station

Donker water - P.H. Nortje

Donker water - P.H. Nortje

Regular price R 119.00 ZAR
Regular price Sale price R 119.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Dit is ’n bekende gesig op Delwershoog – die motorwielkarretjie en sy bemanning: die sestienjarige Jak Joubert aan die leisels, die flink swart merrie Venus vooraan, en die komieklike mak aap Saartjie.

Delwershoop is Jak se kontrei. Nie ’n groot wêreld waarin groot dinge gebeur nie, maar Jak is tevrede en gelukkig, want sy wêreld is heel en veilig – dit het hy as vanselfsprekend aanvaar – vry van blaam.

Toe kom die nuwe seun, Dawid Hoffman. Om die een of ander rede is daar altyd iets tussen hulle wat toenadering onmoontlik maak. Op ’n dag kom die uitbarsting in die vorm van ’n wrede beskuldiging, wat diep seer maak omdat dit Jak se moeder en sy oorlede vader ook raak.

Jak se verbystering gaan oor in ’n grimmige vasberadenheid om te bewys dat daardie aanklag nie waar is nie. Maar na al die jare is die spore dof. Uiteindelik is dit duidelik dat die finale antwoord gesoek moet word in die kuil van die Swartivier waar Jak se vader sestien jaar gelede verdrink het – Donkerwater.

Hierdie mooi verhaal is onmiskenbaar die werk van die skrywer van Die Groen Ghoen en Pennie se Vuur, met sy eerbied vir die hegte en hartlike verhouding tussen mens en medemens – ’n eerbied wat deur humor en bruisend-gesonde lewenslus teen soetlikheid bewaar word.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 21.8cm; W: 14cm; H: 1.4cm

Weight

0.32 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details