Skip to product information
1 of 8

The Story Station

Die wag vir die somer - Marzanne Leroux

Die wag vir die somer - Marzanne Leroux

Regular price R 89.00 ZAR
Regular price Sale price R 89.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Toe Christo ná twee maande uit die hospitaal ontslaan word, moet hy ontdek dat hy nog glad nie gesond is nie.

Hy het leukemie, die gevreesde siekte wat “soos ‘n bom in jou skuil en enige oomblik kan ontplof.”

Christo moet met die siekte leer saamleef, al gaan dit nie altyd so maklik nie. Hy wil ook weer sy gewone bedrywighede hervat, maar sy ma wil hom “in watte toedraai.” Dan is daar nog die pynlike beenmurgtrekking en veral die onsekerheid…

Toe ontmoet hy vir Malaika — Malaika met die blink bruin hare en oë en die naam wat “lig” beteken in Swahili. Hulle werk aan dieselfde skooltema en deur die lang Kaapse winter ontwikkel ‘n hegte vriendskap. Met Malaika kan Christo praat oor sy siekte en sy vrees vir die dood, want sy kén die dood. Haar broer, Stephan, is twee jaar tevore in ‘n motorongeluk dood.

Maar Malaika het ook iemand nodig om mee te praat. Haar ma kan nog steeds nie Stephan se dood aanvaar nie en blameer Malaika se pa, wat bestuur het. Dit ontstel Malaika, veral wanneer sy agterkom dat haar ma sielkundige afwykings begin toon.

Die wag vir die somer is ‘n sensitiewe verhaal oor twee tieners se twyfel, opstand en vrae. Wanneer die somer dan eindelik aanbreek, is dit of al die somber gevoelens saam met die wintergrysheid verdwyn. Die somer bring die belofte van nuwe lewe, waarop almal gewag het.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 21.4cm; W: 13.8cm; H: 0.5cm

Weight

0.2 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details