Skip to product information
1 of 8

The Story Station

Die tuiskoms van Mina Afrika - Zuretha Roos

Die tuiskoms van Mina Afrika - Zuretha Roos

Regular price R 99.00 ZAR
Regular price Sale price R 99.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Ná jare van ontbering vind Mina Afrika geluk in 'n gastehuis op die rotse naby Visbaai. Sy leef haar uit as sjef in die moderne kombuis, en die interessantste mense maak haar lewe vol.

Daar is die eienares, Jana Jansens – onvoorspelbaar, opstandig, maar stralend sjarmant; Mina se assistent, Betta Pretorius – bekkig, maar die ene begrip; flambojante wêreldreisiger Myra Ballantyne met haar Tarotkaarte immer byderhand; en Klaas Benson, bobaas met swem, braai en drink.

Nou maak Mina se eie "Harry Belafonte" ook sy verskyning. Jeffrey Wilson is 'n bekwame skrynwerker wat haar guns probeer wen met sy kunswerke, en op die skoolkonsert sing hulle twee "Love me tender" en "Mary, marry me". Soms hunker Mina nog na die blou oë van Deon du Toit, maar dié liefde was tog uit die staanspoor gedoem: sy bruin, hy 'n wit konstabel.

Sy verlang ook na Jantjie Oortzen – die weggooikind wat sy vir sy oupa-hulle help grootmaak het. Hy is in matriek en die vrae oor sy onbekende moeder word 'n verterende obsessie by hom.

Dan maak Jana eendag 'n doodgewone aankondiging oor bykomende gaste vir middagete.

Skielik word dit weer nag vir Mina. En vir die mense naaste aan haar.

Die tuiskoms van Mina Afrika, reeds 'n topverkoper in eie reg, is die vervolg op Die verdwyning van Mina Afrika.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 21.4cm; W: 13.9cm; H: 1.7cm

Weight

0.23 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details