The Story Station
Die stoetmeester - Etienne van Heerden (First edition)
Die stoetmeester - Etienne van Heerden (First edition)
Couldn't load pickup availability
“God sou nooit só ’n spesie bedink nie,” sê Seamus Butler van sy kantelbokke, die genetiese frats wat sy vader toevallig geteel het op die Setlaar-familieplaas.
Die bokke het ’n aangebore defek wat goud werd is: hulle slaan flou neer as hulle skrik. ’n Enkele kantelbok wei saam met ’n trop kleinvee en as ’n ongedierte toeslaan, word die bok prooi en die kudde ontkom.
Húlle, die weemoedige bokke met die spottende geel oog, géé die Butlers rykdom en invloed in die Oos-Kaap – dis belangrik in dié tyd van die groot politieke ommekeer. Want die oopbars van ’n oliebron reg in die middel van die hawestad Port Cecil dryf die swart civic-organisasie se aandrang op ’n verenigde stadsraad op die spits.
Aan die voorpunt van die swart aspirasies staan MaNdlovu Thandani, onvergeetbaar en groter as lewensgroot. Teenoor haar: Seamus Butler met sy donker, depressiewe buie wat in hom sleur soos die rivier wat in sewe delta-bene deur die stad in die see uitmond.
En rondom hulle, in twee wêrelde wat deur die geskiedenis op mekaar afgestuur word, is elkeen se familiekring wat dreig om mee te gee onder die druk van die tyd. Dis híér waar die verhaal van Die stoetmeester meesleurend deurloop, déúr die lewens van mense, elkeen betrokke by, elkeen uitgelewer aan die boeiende oerwêreld van die Oos-Kaap in ’n tyd waarin skoonheid en wreedheid, gewelddadigheid en hoop verstrengel raak.
Die stoetmeester is, ná die satiriese roman Casspirs en Camparis, veel meer verwant aan die sfeer van Toorberg, Etienne van Heerden se hoogs suksesvolle tweede roman. ’n Storie soos min, wat opstaan uit die weëige maar grootse landskap van die Kei.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
21.9cm; W: 14.4cm; H: 2.6cm
Weight
Weight
0.51 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share







