The Story Station
Die stoetmeester - Etienne van Heerden
Die stoetmeester - Etienne van Heerden
Couldn't load pickup availability
"God sou nooit só 'n spesie bedink nie," sê Seamus Butler van sy kantelbokke, en die genetiese frats wat sy vader toevallig geteel het op die Setlaar-familieplaas.
Die bokke het 'n aangebore defek wat goud werd is: hulle slaan flou neer as hulle skrik. 'n Enkele kantelbok wei saam met 'n trop kleinvee en as 'n ongedierte toeslaan, word die bok prooi en die kudde ontkom.
Hulle, die weemoedige bokke met die spottende geel oë, gee die Butlers rykdom en invloed in die Oos-Kaap – en dis belangrik in die tyd van die groot politieke omkeer. Want die oopbars van 'n oliebron reg in die middel van die hawestad Port Cecil dryf die swart civic-organisasie se aandrang op 'n verenigde stadsraad op die spits.
Aan die voorpunt van die swart aspirasies staan MaNdlovu Thandani, onvernietigbaar en groter as lewensgroot. Teenoor haar: Seamus Butler met sy donker, depressiewe buie wat in hom sleur soos die rivier wat in sewe deltabene deur die stad in die see uitmond. En rondom hulle, in twee wêrelde wat deur die geskiedenis op mekaar afgestuur word, is elkeen se familiekring wat dreig om mee te gee onder die druk van die tyd. Dis hier waar die verhaal van Die stoetmeester meesleurend deurloop, deur die lewens van mense, elkeen betrokke by, elkeen uitgelewer aan die boeiende oerwêreld van die Oos-Kaap in 'n tyd waarin skoonheid en wreedheid, gewelddadigheid en hoop verstrengel raak.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21.4cm; W: 13.7cm; H: 1.9cm
Weight
Weight
0.43 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share
