The Story Station
Die rentmeesters - F.A. Venter (First edition)
Die rentmeesters - F.A. Venter (First edition)
Couldn't load pickup availability
F. A. Venter se eerste roman het in 1946 verskyn: Eendense Môre, waarin die stryd gebeeld word tussen twee Afrikaanse gesinne wat in verskillende politieke kampe staan. Hierna volg Die Drosters met sy beeldings van die vergeefsheid van menslike waardes, soms, en die bloedige vergeefsheid van oorlog. In 1955 volg Die Tollenaar, ’n werk oor teringlyers. In dié jare verskyn ook ’n bundel kortverhale Die Gebondenes en ’n jeugverhaal Die Geheim van die Berg. Dit is egter met Swart Pelgrim dat Venter werklik na vore tree as skrywer van formaat. In 1961 word die Hertzogprys dan ook aan hom toegeken. In 1957 verskyn die Bybelroman Man van Ciréne. Nou volg die grootste taak wat hierdie skrywer homself nog gestel het: ’n romanreeks oor die Groot Trek. In 1960 verskyn Geknelde Land, Offerland in 1963, Gelofteland in 1967 en in 1968 word die reeks afgesluit met Bedoelde Land. Tussen hierdie arbeid deur het Venter nog tyd gevind om twee ander werke te lewer. In sy navorsing vir die Trekromans het hy afgekom op die ware verhaal van die Switserse seun, Paulus van Gass, wat saam met die Trek gegaan het. Hieruit het die jeugverhaal Wit Oemfaan ontstaan. Sy terugkeer na die plaaslewe in 1961 ná jare in die stad het hom ook weer met nuwe oë na die veld met sy diere en sy eie soort mense laat kyk – en daaroor skryf hy in Werfjoernaal. As nie-fiksie staan dit los van die res van Venter se oeuvre – en tog sluit dit daarby aan, want ook hierdie gemoedelike vertellinge word gekenmerk deur fyn waarneming, deernis en begrip wat ook die sterk stempel van sy jongste werk Die Rentmeesters is.
Om die grond te sien verarm en sterf, die grond waaruit jy en jou pa en sý pa voor hom geleef het, wat hulle liefgehad het soos ’n mens ’n mens liefhet – dit is om eintlik self ook te ly en te sterf.
Die ou man Ben Richter moes sien hoe Pioniersvlei krimp en kerm onder die harde slae van droogte ná droogte – en die liefdelose, onoordeelkundige hantering van sy seun Cas vir wie dit in die boerdery net gaan om geld maak. Die grond moet net gee en gee sodat hy en Heila kan leef soos hulle wil leef. Die ou man het sy seun gewaarsku: Die grond laat hom nie dwing nie. Jy moet na sy stem luister.
Maar Cas wou nie luister nie – of kón hy werklik nie luister nie? – en hy moes ten onder gaan.
Na ’n dekade waarin F. A. Venter hom en sy lesers ingelyf het in die geskiedenis van die Groot Trek, wend hy hom in sy jongste roman na die grond en die mense wat as rentmeesters oor daardie grond aangestel is, en bring hy die verhaal van die Richters van Pioniersvlei: die ou man, Cas en Heila, en die idealistiese, vurige jong Benjamin.
Die Rentmeesters is ’n sterk roman, ’n aktuele roman. In meeslepende, beeldende prosa word die Afrikaanse landelike lewe uitgebeeld en word die natuur self eintlik die hoofkarakter wat die mens dwing tot verantwoording en tot ’n groot keuse.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21.8cm; W: 14cm; H: 1.4cm
Weight
Weight
0.34 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share
