Skip to product information
1 of 9

The Story Station

Die nuwe Afrikaan: ’n Reis deur Angola - Elsa Joubert (First edition)

Die nuwe Afrikaan: ’n Reis deur Angola - Elsa Joubert (First edition)

Regular price R 199.00 ZAR
Regular price Sale price R 199.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

In September – Oktober 1973 besoek Elsa Joubert Angola, dié land wat so intiem verbind is met die lotgevalle van Suid-Afrika. Vir haar gaan dit in eerste instansie om ’n soeke na beter begrip, groter kennis van Afrika; dit gaan om die vraag na die tipiese verhouding tussen wit en swart en die rol wat elke ras en groep moet speel om die toekoms van hierdie vreemde kontinent waarvan Suid-Afrika en Angola onvervreembaar deel is, gesonde te laat ontplooi.

Want in hierdie kontinent word geskiedenis gemaak.

Sy reis per vliegtuig, per motor, per trein, per jeep. Sy besoek die noorde met sy dreigende, broeiende oerwoude waar die terroriste-gevaar skuil. Met die gevaarlike „koffiepad” besoek sy Quitexe, die dorpie waar die ergste moorde in 1961 plaasgevind het; sy besoek versteekte plase met hul hoë draadversperrings en sy reis deur die barre suide wat soveel nader, meer verwant aan Suid-Afrika is.

Sy gesels – met dokters, met onderwysers, met amptenare, militêre – sy vra uit, neem waar, maak haar eie gevolgtrekkings. En kom op soveel verskillende standpunte af: Daar word te min vir die ontwikkeling van die swartman gedoen... daar word te veel gedoen... wat gedoen word, is te laat.

Uit alles wat sy hoor, sien en ervaar, is dit duidelik dat dinge aan die gis is. Verandering moet kom.

En met wat in 1974 in Angola en Portugal gebeur het, is hierdie vermoede bevestig. Die hele bestel het verander.

Vir elkeen wat belang stel in die toekoms en die toestande in Afrika, is "Die Nuwe Afrikaan" ’n onontbeerlike boek. Hier word die agtergrond gegee waarteen Spinola se standpunt en die dramatiese gebeurtenisse waartoe dit aanleiding gegee het, sin sal maak. Elsa Joubert skryf met ’n liefde vir, ’n betrokkenheid by en ’n insig in toestande in Afrika wat aan hierdie werk ’n besondere trefkrag en outentisiteit gee.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

21.8cm; W: 13.9cm; H: 1.5cm

Weight

0.32 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details