The Story Station
Die lewe is ’n grenshotel - Hennie Aucamp (First edition)
Die lewe is ’n grenshotel - Hennie Aucamp (First edition)
Couldn't load pickup availability
Hennie Aucamp karakteriseer sy bundel as "ryme vir Pop en kabaret", maar "lirieke" sou nader aan die waarheid gewees het. Die ryme is daar—dikwels virtuoos—maar hulle is 'n onderdeel van die meevloeiende polslag en die klankspeel wat hier kleurryk én sinryk ontvou. Soos Erich Kästner van sy "chansonnette" sê:
Sie kennt das Leben in jeder Fason,
Sie kennt es per Du und per Sie.
Ihre Lieder passen in keinen Salon,
Höchstens die Melodie.Sie singt was sie weiss,
Und sie weiss, was sie singt...
As die bewys nog gevind moes word, sien ons nou hoe "singbaar" Afrikaans as taal werklik is. Aucamp skep 'n nuwe vorm van die moderne "ballade", van 'n kwaliteit wat dit tot die volwaardigheid van 'n eie onderskeidende genre promoveer.
Met huldebuigings aan sy voorgangers in die kabaretstyl—Brecht, Kästner, Maxwell Anderson, Jacques Brel en Hildegard Knef—wil Aucamp met hierdie skalks-ernstige liedjies 'n beskaafde vorm van protes uitdruk. Protes? Ja, teen dwaasheid en pretensie, teen materialisme en ydelheid, teen die valsheid van die liefde. Maar die merkwaardige is dat selfs die bitterste van hierdie ryme getemper word deur deernis vir die mens in sy essensiële alleenheid en weerloosheid. Daarom ook word die sinisme en ontgogeling so markant deur (self)spot geneutraliseer.
Dit bring mee dat ons telkens te staan kom voor die een of ander teenstrydige gestalte: tegelyk wrang en teer, tegelyk weemoedig en koketterig, tegelyk sardonies en amusant. En telkens staan ons verbaas dat daar só met die Afrikaanse taal gedobbel, gejongleer, geflankeer kan word.
Aucamp se verskuns styg ver uit bo die banaliteit van die gangbare pop- en treffertekste: sy lirieke is met reg 'n selfstandige en literêr-betekenisvolle kunsvorm—opwindend, skrynend, eietyds.
- Ernst van Heerden
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21.7cm; W: 14cm; H: 0.6cm
Weight
Weight
0.2 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share







