Skip to product information
1 of 8

The Story Station

Die keiser is kaal: Waarom regstellende aksie misluk het - Dr. Dirk Hermann (First edition)

Die keiser is kaal: Waarom regstellende aksie misluk het - Dr. Dirk Hermann (First edition)

Regular price R 64.00 ZAR
Regular price Sale price R 64.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Die keiser loop in sy pragkleed deur die skare. Net slim mense kan dié kleed sien. “Hoera vir die keiser se nuwe kleed!” juig die mense. Tot ’n seuntjie verbaas uitroep: “Maar die keiser is dan kaal!”

Die keiser is kaal, sê aartsbiskop Desmond Tutu. Dit is ook die boodskap van verskeie ander vooraanstaande politici. Regstellende aksie het tot nou toe net die swart middelklas bevorder en nie die groot gros mense nie. “Wanneer word regstellende aksie rassediskriminasie?” vra oudpresident F.W. de Klerk.

Talle boeke en artikels verskyn oor maniere om regstellende aksie só toe te pas dat die wanbalans van die verlede herstel word. Daar het egter nog byna niks verskyn oor hoe wittes regstellende aksie beleef en wat die invloed daarvan op dié gemeenskap is nie. Hermann ondersoek hierdie saak in Die keiser is kaal en maak voorstelle oor hoe die massa werklik bemagtig kan word. Sy doktorale studie oor die onderwerp sowel as sy praktiese ervaring as adjunk-uitvoerende hoof van die vakbond Solidariteit het hom uitnemend toegerus vir hierdie taak.

“Mag Suid-Afrika ’n tuiste word vir almal wat daarin woon, swart en wit” – Dr. Dirk Hermann.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

23.6cm; W: 15cm; H: 0.9cm

Weight

0.25 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details