The Story Station
Die keer toe ek my naam vergeet het - F.A. Venter
Die keer toe ek my naam vergeet het - F.A. Venter
Couldn't load pickup availability
“Uit die donker spelonk van die siekte het ek die een talent wat die Here my gegee het, gedeeltelik oorgehou. En al gaan dit moeilik met so ’n gekneusde talent, sal ek die wil om te skryf nooit verloor nie.”
Só sê die bekende Afrikaanse skrywer F.A. Venter wanneer hy hom aan die einde van hierdie biografiese vertelling afvra wat van hom oorgebly het nádat siekte en dood verwoestend in sy lewe ingryp het.
Hy is op 15 September 1990, op die ouderdom van 73, getref deur ’n beroerte wat hom deels verlam en in een weerligtende oomblik ook sy spraak ontneem het.
Weke lank bevind hy hom in ’n “verstarde droom” waar tyd nie bestaan nie. Maar op ’n dag herken hy ’n spatsel kleur voor sy hospitaalbed as rose; eien hy sy mense een vir een. En op sy vrou se volgende vraag wie hy is, antwoord hy tot haar verstomming en vreugde:
“Frans Venter, demmit!”
Dit is die begin van ’n lang en moeilike pad na gedeeltelike herstel. Met die hulp van terapeute leer hy van voor af alledaagse gebruiksgoed ken; kry hy sy halfdooie ledemate weer stadig aan die gang.
Sy dom regterhand, wispelturige geheue en verswakte konsentrasievermoë maak dit vir hom moeilik om weer skeppend te skryf, maar hy klou vas aan die hoop dat dit beter sal gaan.
Ook wanneer hy by die beknopte leefruimte van ’n versorgingsoord moet aanpas, en daar sy kosbaarste, sy “Oumens”, ná ’n lang lyding moet afgee, is dit sy innerlike krag en onvernietigbare geloof wat hom staande hou.
En ’n ongedempte sin vir humor – wat sy ervaring uitlig bo somberheid en selfbejammering.
"Die keer toe ek my naam vergeet het" is ’n skrynend eerlike en unieke vertelling oor die vermoë van die mens se gees om haas ondraaglike omstandighede te trotseer en sterker anderkant uit te kom.
Dit is ook die triomf van ’n skrywer wat die uiterste versperring oorkom het: die verlies van sy uitdrukkingsvermoë.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21.4cm; W: 13.7cm; H: 1cm
Weight
Weight
0.2 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share






