The Story Station
Die hart van Zeebak - Martie Preller (First edition)
Die hart van Zeebak - Martie Preller (First edition)
Couldn't load pickup availability
Toe Ferdinand bykom, lê hy op die naat van sy rug. Hy kyk na die dowwe sterre en die volmaan wat rond en rooi bokant hom hang. Hy het in die lig ingeloop. Dis al wat hy kan onthou.
Hy kom stram orent, draai sy kop heen en weer en roer sy skouers.
Skielik ruk sy kop op. Dit was dan netnou sekelmaan. Hy soek die Suiderkruis. G'n teken daarvan nie. Wat op aarde . . . ?
Die volmaan verlig alles met 'n skemerige dynserigheid. Hy loop tussen ruie bosse deur – g'n doringbome nie. Hy snuif die lug. Ruik vars.
Daar's 'n veraf dreuning. Dit klink soos die see. Dit klink nes golwe wat op rotse slaan.
Hy was tog in die middel van die Bosveld . . . ? Hier kan nie see wees nie! Maar dit klink so, ruik so, voel ook so. Selfs die lug is klam op sy vel.
Hy raak van sy stewels ontslae en begin te hardloop. Ferdinand, sê 'n stukkie rasionaliteit in sy agterkop, you are losing it. Maar hy ignoreer dit. Hy is hier. Waar hier ook al is. Hy is agttien jaar oud. En hier êrens is die mooiste meisie wat hy nog ooit gesien het.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21.4cm; W: 13.8cm; H: 0.7cm
Weight
Weight
0.21 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share
